Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Rivier Wyf

Episode 179: Water Feë: Rivier Wyf

Alles omtrent rivier wywe in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor rivier wywe in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Rivier Wyf

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Rivier wywe is bekend daarvoor dat hulle kinders wegdra wat té naby aan die waterkant kom. Oor die algemeen word ‘n wyf gesien as ‘n sinistere ou vrou wat nie veel in die voorkomsafdeling het nie. Rivier Wywe ontvoer, vermink, martel, verdrink en eet gewoonlik kinders. Hulle is ook gebonde aan die watermassa wat hulle bewoon – hulle kan dit verlaat, maar nie vir lang tye nie. Volkskunde het verskeie rivier wywe bekend onder verskillende name.

In Wallis is Morgan so ‘n watergees.

Peg Powler spook in die Teesrivier en het ‘n onversadigbare aptyt vir mensvleis. Hierdie wyf se deurmekaar groen hare lyk soos onkruid.

Nellie Longarms is nog ‘n wyf en water gees uit Engelse volkskunde wat haar lang arms gebruik om niksvermoedende kinders na die waterige dieptes te trek.

Skotland het water skimme wat waterliggame spook en reisigers na hul waterige ondergang lok.

In Egipte spook Al Naddaha in die Nylrivier. Hierdie pragtige watergees staan op die wal in deursigtige klere en roep na verbygangers. Wie haar hoor, word nooit weer gesien nie – hulle word deur hierdie gees verdrink of verslind.

Die Vough van Skotse legende het lang, geel hare, sterte, gewebde hande en voete, en geen neuse nie. Hulle verkies groen klere.

Lancashire het Jenny Greenteeth wat blykbaar ‘n liggroen vel, lang groen hare, groen slagtande, lang arms, lang vingers met lang naels, ‘n spits ken en groot oë het. Sy is ook bekend as Wicked Jenny en Ginny Greenteeth. Sy hou daarvan om kinders en bejaardes in die water te trek om hulle te verdrink. Sy verkies glo water met dik loof wat daaroor groei, soos eendekroos. In sommige verhale vaar sy selfs snags die bome in en haar gekerm kan vêr gehoor word.

Of hulle nou pragtig of afskuwelik is, vroue wat in riviere, mere en strome woon, moet ten alle koste vermy word – hulle het dit duidelik in vir kinders.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Rivier Wyf

Rivier wywe is vorm-wisselaars. Hulle verkies om soos wywe te lyk, aangesien dit meer vrees by hul slagoffers veroorsaak – en hulle het daardie vrees nodig om hul betowering aan te vuur. Sommige van hulle eet wel kinders, maar enige mensvleis sal doen. Alhoewel hulle Alleenloper Feë is, sluit hulle elke Syns aan by die Donker Hof. Die meeste het ‘n groen vel, lang, groen hare en webbe tussen hul lang vingers. Hul toorkrag is gekoppel aan die water waarin hulle woon, hoewel sommige in die bome, woude en grotte rondom hul waterbron woon.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van rivier wyf na Engels: river hag.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.