Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Plaagperd

Episode 181: Water Feë: Plaagperd

Alles omtrent plaagperde in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor plaagperde in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Plaagperd

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Uit Orkadiese mitologie is die plaagperd ‘n seemonster wat daarop uit is om chaos en vernietiging te bring. Gesê om droogtes, epidemies en meer te bring deur sy blote teenwoordigheid en verwelkende oeste en siek vee deur bloot asem te haal, het hierdie wese wat uit Noorse en Keltiese invloede gebore is, net een swakheid: vars water. Na bewering is hierdie deels perd, deels mens monster met ‘n groot kop, die naarste wese van Skotland se Noordelike Eilande, en dwaal oor die kuslyn van die Orkney-eilande rond, gereed om op niksvermoedende mense toe te val.

Volkskundige Ernest Marwick het dit vergelyk met die Noorse nøkk, die Shetland nuggle en die Skotse waterperd. Daar word gesê dat dit ‘n perdagtige demoon is en dat die plaagperd ‘n alleenloper wese is wat vermoedelik uitgebreide bose magte besit. Dit sal egter nie aan wal kom wanneer dit reën nie. Dit het kwansuis mag oor die weer, veroorsaak droogtes, so miskien was dit net sy manier om die eilandbewoners ‘n blaaskans te gee van sy katalogus van ellende om onder water te bly wanneer dit reën…

Alhoewel daar geen stories is oor die voorkoms van die plaagperd wanneer dit onder water is nie, word gesê dat dit die vorm van ‘n perd aanneem met ‘n menslike bolyf aan sy rug vas – maar sonder onderskeid tussen die liggame – met die perdekop wat ‘n gapende gat is wat skerp, giftige dampe uitstraal en een vurige oog; die liggaam is sonder vel wat swart bloed deur geel are vertoon, sy seningagtige spiere wat met elke beweging wriemel, en die menslike arms wat na die grond strek wanneer hy op land is.

Die verbranding van seewier om soda-as te skep, ‘n alkali om suur grond te behandel, het in die vroeë 1700’s begin, en daar word gesê dat die skerp reuk van die rook die plaagperd woedend gemaak het wat teruggekeer het met pes, dodelike siektes onder vee en vernietiging van oeste van alle gebiede betrokke by die verbranding van seewier.

Eilandbewoners weier om hierdie skrikwekkende monster se naam te sê, uit vrees om dit aan te roep en daaronder te ly.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Plaagperd

Die plaagperd is ‘n angswekkende gesig. ‘n Perd-mens-baster soortgelyk aan sentaurs, maar met die perdekop stewig in die middel met giftige dampe wat uit sy groot oop bek kom en ‘n enkele vurige oog wat voorentoe staar, vellose, rou rooi vlees en bultende spiere wat duidelik gesien word soos swart bloed deur geel are vloei, lang arms wat op die grond sleep, en ‘n yslike kop wat oor dit alles opdoem.

Selfs wanneer hulle onder water is, behou hulle hierdie voorkoms, maar met vinne in die plek van hande en hoewe. Hulle bestaan op ‘n dieet van roofseediere (bv. haaie).

En hoewel sommige wel rondgaan en siektes en chaos versprei, is die meeste sedert die Industriële Era daarop uit om natuurlike watermassas te beskerm en hulle te wreek teen besoedelaars. Die plaagperd het mag oor die weer, net soos wat volkskunde aandui. Maar al het sommige pret gehad met droogtes en vloede, nadat die Industriële Era begin het, gebruik die meeste dit om die land en water skoon te maak.

Hulle het mag oor siektes (plae, roes, verkoue, ens.) en kan dit gebruik om skade aan te doen en die balans te herstel (bv. te veel mense om onderhou te word deur die plaaslike ekosisteem sal die natuurlike orde doodmaak, so die plaagperd verwyder die oortollige bevolking).

Alhoewel alleenlopers van aard en Alleenloper Feë, verkies hulle die Donker Hof en sal hulle in lyn met die Donker Koning in tye van onrus.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van plaagperd na Engels: nuckelavee.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.