Episode 191: Water Feë: Oseane, Riviere, Mere: Water in Volkskunde
Alles omtrent Water in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Water in Volkskunde in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Eens: Verhale, Mites en Legendes van Feërie: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/once-tales-myths-and-legends-of-faerie/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Oseane, riviere, mere: water in volkskunde
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Oseane, riviere en mere het baie mites aan hulle gekoppel van regoor die hele wêreld.
In Griekse mitologie het elke bron van water ‘n god, godin of nimf daaraan verbonde. Die rivier Styx is nie net ‘n rivier waarop die gode ede geneem het nie, maar ‘n godin wat sorg dat daardie ede nagekom word.
In Noorse mitologie het Odin een van sy oë gegee om uit Mimir se put te drink om die wysheid binne te verkry. En natuurlik het die seegodin Ran en haar man Aegir nege reuse dogters gehad – wat toevallig die golwe was.
Tir fo Thoinn is, volgens legende, een van vele plekke wat die Tuatha de Danaan na gevlug het ná hul epiese nederlaag deur die Milesiërs. Mere en die see versteek natuurlik die roete tussen hierdie wêreld en die ander. Verhale oor stede onder water gevul met meermense is algemeen in alle kuslande – hierdie een verwys net na Keltiese mite.
En ons ken almal die mite van die Fontein van Jeug – soeke daarna eindig nooit goed nie.
Water is geheimsinnig en verander voortdurend. Dit is in staat tot skepping en vernietiging. En of putte en fonteine en die res heilig is of nie, of hulle nimfe en ander water feë huisves of nie, een ding is duidelik: sonder water sal alle lewe op Aarde vergaan.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Oseane, riviere, mere
Tir fo Thoinn, die Land Onder die Golwe, is die tuisgebied van die meeste water feë. Op die oppervlak is daar niks, soos gewoonlik op mere en ander plekke van ingang in die sterflike ryk en Feërie, maar onder die golwe is ‘n hele koninkryk. Paleise, huise en meer word bewoon deur water feë en waterwonende feetjie diere wat op dieselfde manier boer, vee oppas en andersins arbei as in enige ander koninkryk. Dis ’n welvarende land met areas wat spesifiek aan sekere rasse behoort.
Sommige waterliggame is heilig: die meer van Avalon waar die Dame van die Meer woon, wat leiding en hulp aan Arthur en sy ridders gee; Mimir se put wat die wêreldboom Yggdrasil voed; en ‘n paar mere, fonteine en putte wat doodgewoon lyk, maar van plek en deur tyd beweeg om behoeftiges te help.
As vloeibare diepsinnige wesens vind oseane, riviere en mere vorm in die nege dogters van Ran wat die golwe is, die rivier Styx wat ‘n godin is, en ander maniere waarop water self tot lewe kom sonder om hulself te verloor in ‘n vorm wat dit sal bind – soos mens, dier of fee.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

