Episode 183: Water Feë: Hond-Kop-See-Smid
Alles omtrent hond-kop-see-smede in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor hond-kop-see-smede in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Eens: Verhale, Mites en Legendes van Feërie: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/once-tales-myths-and-legends-of-faerie/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Hond-Kop-See-Smid
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
In Griekse mitologie is “Telkhines” of hond-kop-see-smede ouer as die pantheon, want hulle was die metaalsmede wat die sens gemaak het waarmee Kronos sy pa Ouranos gekastreer het, hulle het Poseidon grootgemaak en sy drietand gemaak, en hulle het ook blykbaar ‘n ding vir Aphrodite gehad siende dat hulle haar op ‘n stadium ontvoer het.
Die meeste Griekse skrywers het gedink dat die honde-kop-see-smede broers en susters van die Furieë was, gebore uit die bloed van Ouranos se geslagsdele toe Kronos hom gekastreer het – maar dit strook nie met die storied at hulle wat Kronos se sens voor dit geskep het nie. Ander antieke skrywers beweer dat die honde-kop-see-smede die kinders van die titane Thalassa en Pontus was.
Die honde-kop-see-smede het oorspronklik op die eiland Rhodes gewoon en hul soort towery gebruik om die artefakte wat hulle gemaak het met magie te deurdrenk – daarom is Poseidon se drietand en Kronos se sens so kragtig en so lank hou.
Voor die ramptydperk – meer algemeen bekend as die groot vloed – was die honde-kop-see-smede die oorspronklike gode van Rhodes, gekoppel aan Atlantis en die see. Hulle het selfs Kapheira, dogter van Oceanus, gehad om hulle te help met die opvoeding van Poseidon sodra Rhea haar baba aan hulle toevertrou het. Daar is selfs spekulasie dat Kapheira self ‘n honde-kop-see-smid was, wat hierdie wesens aan Oceanus verbind.
Behalwe dat hulle fantastiese metaalsmede, kunstenaars en towenaars is, kan hulle ook die weer beïnvloed en na willekeur sneeu, reën, haelstorms en aardbewings veroorsaak. En blykbaar het hulle ook ‘n mengsel van Stygiese water en swael gemaak, wat diere en plante doodgemaak het. Anders as ander jantjies-van-alles, was hulle meesters van alle ambagte.
Dit is bekend dat hulle in staat was om vorm te verander in enigiets. In sommige tekste word gesê dat hul voorkoms – en veral hul oë – vernietigend was. Hul voorkoms verskil van weergawe-tot-weergawe, maar die meeste glo dat nadat hulle hul magte vir kwaad begin gebruik het, hulle deur Poseidon omskep is in hondekop wesens met swempote en vinne as aanhangsels, gedwing om in die dieptes van die see te leef waar hulle nie veel skade kon aanrig nie – of Tartarus, met dieselfde effek. Daar word ook gesê dat dit gebeur het nadat hulle Aphrodite ontvoer het. In ander verslae het Zeus hulle met weerligstrale doodgemaak, of Poseidon met sy drietand, of Apollo wat in ‘n wolf verander het toe hulle hul magte vir kwaad begin gebruik het – of hierdie see wesens is deur die groot vloed doodgemaak.
Alhoewel hulle selde genoem word in oorlewende antieke tekste, weeg hulle vernietigende kragte altyd veel groter as hul tegniese vermoëns, en hulle word byna altyd as kwaadwillig uitgebeeld.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Hond-Kop-See-Smid
Honde-kop-see-smede is see wesens met die koppe van honde en liggame soortgelyk aan ander seediere: sommige het die liggame van skaaldiere, sommige van visse, sommige van robbe. Hulle het altyd mensagtige arms om hul metaalsmedery en ander kunswerke uit te voer. Alhoewel hulle op ‘n stadium kon vorm verander, is hulle deur seehekse vervloek om in een vorm te bly sodat almal hulle kon herken. Hulle het sterk toorkrag, maar vasgevang in die see is hulle net ‘n bedreiging vir ander water feë, seebewoners en mense wat ongelukkig genoeg is om hulle op ‘n diepseeduik te ontmoet.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Hond-Kop-See-Smid na Engels: telkhine.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.