Episode 185: Water Feë: Waterperd
Alles omtrent waterperde in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor waterperde in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Eens: Verhale, Mites en Legendes van Feërie: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/once-tales-myths-and-legends-of-faerie/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Waterperd
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
“Kelpies” is die mees kenmerkende magiese wesens uit Skotland. Hierdie waterperde kan vorm-wissel in mense, onderwatermonsters en pragtige perde om mense onder water te lok om hulle te verdrink en te eet. In menslike vorm is waterperde altyd manlik. Hulle word gewoonlik as grys of swart perde uitgebeeld en aangesien hulle nie heeltemal uit die water kan ontsnap nie, is hul sterte en maanhare altyd druipnat.
Waterperde bewoon mere, strome en poele – veral Loch Ness. (Ja: Die Loch Ness-monster is ‘n waterperd.)
In sommige gevalle sal die waterperd alles behalwe die ingewande van hul slagoffers verslind en dit by die waterkant laat vir ander om te vind. Dit kan sy rug strek om baie na die waterige dieptes van sy huis te dra voordat dit hulle eet. Dit het ‘n taai towervel, so as jy eers aan die aanloklike wese raak, sit jy vas – soos getoon in ‘n algemene Skotse volksverhaal (die waterperd lok nege kinders op sy rug, jaag agter die tiende wat oor sy neus streel voor hy sy vinger afsny wat vassit om te ontsnap terwyl die ander deur die waterperd in die water gesleep word).
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Waterperd
Waterperde gebruik die verbinding wat hulle het met die water waarin hulle woon om alles uit te vind wat in die wêreld om hulle aangaan.
Waterperde kan in enige meer, rivier of stroompie leef. Selfs ‘n troebel poeletjie sal deug as daar genoeg betowering is om die waterperd aan te vuur. Deel van hul toorkrag is om hulself onweerstaanbaar te maak – mense en feë wil aan hulle raak, ongeag die koste.
Mis omring ‘n waterperd soos dit van vorm verander. Hulle het die mag om hul voorkoms na goeddunke te verander. Waterperde verkies die vorm van ‘n perd wanneer hulle op land is. Alhoewel hulle kan verander in dennemarters, wesels, bokke, ens. Hulle kan selfs ‘n menslike vorm aanneem.
Waterperde sal enige mens of feë eet wat hy wil. Hulle hou veral daarvan om met hul prooi te speel. Daar is egter ‘n paar wat daarby hou om vis te eet.
Waterperde verskyn net buite die water wanneer hulle ontbied word, honger is of na ‘n verpligte Feë-byeenkoms moet gaan (soos die Syns elke sewe jaar). Dit verander gewoonlik van ‘n onderwatermonster na iets aanlokliks – soos ‘n perd – voordat dit mense/feë verlei om daaraan te raak, op watter punt sy vel klewerig sal word en dit sal sy prooi afneem na ‘n watergraf (en die waterperd sal middagete nuttig).
Alhoewel daar gesê word dat slegs die lewer of ingewande oorbly van ‘n waterperd se maaltyd (wat op die oppervlak sal dryf), is dit net die persoonlike voorkeur van sommige. Nie alle waterperde het dieselfde smaak in kos nie (net soos almal).
Waterperde het mag oor die water waarin hulle woon: hulle kan veroorsaak dat vloede agtervolgers/slagoffers verhinder of verdrink.
Hulle het ‘n vreemde sin vir humor (bv. lag wanneer iemand byna in ‘n moeras sterf).
Waterperde is goed in ‘n geveg. Hulle verander in water sodra ‘n opponent probeer om die lewe uit hulle te slaan/vloek/suig.
Waterperde doen wat hulle wil, watter gril hulle ook al vat. Selfs die kwansuis slegtes wat aan mense en feë smul, kan ‘n betroubare bondgenoot wees – net soos die sogenaamde goeie waterperde wat net vis eet, jou grootste vyand kan wees.
Waterperde is altyd druipnat. Sodra hulle begin uitdroog, moet hulle terugkeer na die water of die risiko loop om te sterf as gevolg van dehidrasie.
Hoe om waterperde te ontbied:
– ’n Rympie (as jy die regte een ken) sal die waterperd uit die diepte roep.
– ‘n Feetjie Hond kan een oproep deur bloot te blaf.
– ’n Bloedoffer – ’n bietjie bloed op ’n blaar wat op die water geplaas is – saam met die roeping: “Waterperd, ek ontbied jou.” sal die waterperd na jou toe roep.
Pasop egter: die waterperd sal meer eis, afhangend van wat jy daarvan wil hê.
Soos alle wispelturige feë, hang dit van die individuele waterperd af of dit vriend of vyand sal wees.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van waterperd na Engels: kelpie.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.