The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Moeras Monster

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Moeras Monster" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a wave. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 177: Water Feë: Moeras Monster

Alles omtrent moeras monsters in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor moeras monsters in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Moeras Monster

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

“Grindylow” is ‘n moeras monster uit Engelse volkskunde. Hulle word beskryf as klein mensagtige wesens met skubberige, groen vel, skerp kloue en tande, en lang, dun arms wat eindig met lang, dun vingers. Met verbasende krag trek hulle onoplettende kinders in die moerasse, damme en vleie wat hulle bewoon, vêr onder die water en veiligheid. Blykbaar vreet hulle hulle op wanneer niemand kyk nie. Hulle is skaduagtige figure, soortgelyk aan kleuterkamer paaiboelies, om kinders weg te skrik van gevaarlike plekke waar hulle kan verdrink. ’n Soortgelyke figuur is Jenny Greenteeth uit Engelse volkskunde, Näkki uit Finse mitologie en Berberoka uit Filippynse volkskunde.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Moeras Monster

Die moerasmonster is ‘n vleisetende fee – hulle eet vis, maar verkies mensvleis, veral kinders. Alhoewel daar gerugte is dat hulle hul vorm kan verander om hul prooi makliker te lok, is dit eintlik ‘n betowering wat deur die water gestuur word om kinders nader te lok sodat hulle hulle kan gryp en onder die oppervlak trek. Hulle woon in moerasse, damme en vleie en soek liewer dekking onder alge en ander waterplante om ‘n ogie oor die land en potensiële prooi te hou. Hulle is baie mensvormig in hul fisiologie, maar met ‘n liggroen of blou vel (afhangende van die natuurlike kleur van die water waar hulle woon), gewebde hande en voete, en sommige het selfs ‘n vin op hul koppe om swem makliker te maak. Hulle ledemate is ook langer en dunner as ‘n mens s’n, dus die volkskunde rondom hulle. Hulle het ook skerp tande soos ‘n vis.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van moeras monster na Engels: grindylow.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts