Episode 91: Klein, Alledaagse Feë: Groene-Feë
Alles omtrent die groene-feë, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2023 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor groene-feë hier.
Kry die transkripsie hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.
Vandag se fee: Groene-Feë
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Groene-Feë is klein wesens uit Europese volkskunde. Hulle word as feërieke wesens uitgebeeld. In sommige kringe verwys groene-feë na lugelemente terwyl hulle in ander na waterelemente verwys. Ek het al elemente feë gedek en, soos ons weet, is groene-feë nie deel van daardie klassifikasie van feë nie.
In ander kringe is groene-feë die grootte van groot insekte met skitterende kleur en glinsterende vliesagtige vlerke. Hulle woon in woude, bad in dou en eet plae wat die tuine van die feë pla.
Shakespeare se Ariel in “The Tempest” is ‘n groene-fee.
Ierse volkskunde meen dat groene-feë van water hou en naby mere en riviere gevind kan word. Solank jy hulle nie bedreig nie, sal hulle nie aggressief wees nie. Alhoewel hulle pragtig en elegant is, is hul gevoelens teenoor mense ambivalent.
In JM Barrie se “Peter Pan” is Tinker Bell alles wat ‘n groene-fee gesê word om te wees: wispelturig, ondeund, vinnig tot woede en venynigheid, maar ook behulpsaam en lojaal teenoor vriende en geliefdes. En die skrywer beweer dat sy weens haar klein gestalte net een emosie op ‘n slag kan voel.
Heeltemal groen en geklee in blaredrag of meer herinnerend aan kleurvolle insekte, groene-feë is alles klein en wispelturig wat ons gelei is om te glo oor die feë.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Groene-feë
Klein, groen, gevleuelde feetjies wat in Mag Mell op dieselfde heide as die Galno woon.
Hulle kan grootte verander soos hulle wil.
Hulle verpersoonlik die styl en maniere van die hof van Henry die agtste van Engeland.
Wanneer hulle haat voel, word hulle swart, wanneer hulle bloedlus voel, word hulle rooi, wanneer hulle gelukkig is, word hulle goudkleurig. Hulle sukkel om meer as een emosie op ‘n slag te voel.
Hulle was nog altyd Alleenloper Feë.
Hulle word gelei deur hul Lady – Juno, die sterkste van hul soort.
Hulle het ook mag oor die vier elemente: vuur, water, wind en grond.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van groene-fee na Engels: Sprite.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.