Episode 111: Die Ryk van die Feë: Sonsverduistering
Alles omtrent sonsverduistering, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor sonsverduistering hier.
Kry die transkripsie hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.
Vandag se onderwerp: Sonsverduistering
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
’n Sonsverduistering is nie ’n groot raaisel nie: die maan beweeg tussen die Aarde en die son en wis die son vir ’n paar minute uit. Maar deur die geskiedenis heen het die son se geheimsinnigheid, betekenis en ontsagwekkendheid volkskunde gevoed.
In antieke China is geglo dat ‘n draak die son tydens ‘n sonsverduistering verslind. Dit het daartoe gelei dat mense op potte en dromme gestamp het om die bose sonverslinder weg te skrik.
In Noorse mite jaag die wolf Sköll die songodin Sól deur die lug en ’n sonsverduistering is ’n teken dat hy gevaarlik naby daaraan kom om haar te verslind. Natuurlik, wanneer hy uiteindelik slaag, sal Ragnarok met groot gevegte en uitwissing kom.
In Egiptiese mitologie lei die valkkop-songod Ra ‘n boot deur die lug om lig aan sterflinge te bring. Snags keer hy terug na die ooste deur die Onderwêreld, en bring lig vir die dooies. Die reuse-slang Apep probeer Ra elke dag verslind. ’n Sonsverduistering teken aan dat Apep die oorhand gekry het, maar Ra ontsnap hom elke keer.
Ander kulture het hul eie stories: honde wat die son probeer steel, paddas wat die son insluk, boogskutters wat sonne uit die lug skiet, en selfs eekhorings wat die son eet.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Sonsverduistering
Die sonsverduistering kan verskeie magiese wesens en towerspreuke aandryf as dit reg ingespan word. Afhangende van die tipe verduistering (volledige of gedeeltelike) en die duur, kan sy magiese eienskappe swakker of sterker wees.
Die Son gee lewe aan almal op Aarde (en in sommige ander ryke). Dit kan ook wispelturig wees in wat dit wil doen en wie dit wil help. Somer Feë en Vuur Elemente Feë het ‘n sterker verband met die Son en kan ingryp namens verskeie ander Feë.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van sonsverduistering na Engels: solar eclipse.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.
No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.
Hi Ronel – I have featured you in a review – https://how-would-you-know.com/2024/05/roadtrip-review-n0-2.html
Thank you.