Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Meervrou

Episode 189: Water Feë: Meervrou

Alles omtrent meervroue in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor meervroue in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Meervrou

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Meervroue is beskryf as uiters mooi – en promisku met sterflinge. Meermanne is beskryf as besonder lelik en skubberig, met varkagtige gelaatstrekke, groen hare en lang, skerp tande. Die enigste manier om tussen meervroue en mense te onderskei, is dat hulle dun webbe tussen hul vingers het en hul voete is platter.

Meervroue word in sommige dele van Ierland as boodskappers van ondergang en dood beskou.

Daar word vermoed dat meervroue spesiale klere dra wat hulle in staat stel om deur seestrome te swem en ‘n klein rooi kappie, soms met vere versier. In koue noordelike waters dra hulle robbevelmantels en neem hulle die voorkoms en eienskappe van robbe aan.

As ‘n sterfling ‘n meervrou se kappie/mantel sou konfiskeer en wegsteek, sou die meervrou landgebonde wees. Vissermanne doen dit om ‘n ryk meervrou-bruid te hê (hulle het hope skatte van skeepswrakke). Maar, net soos die robbefee-bruid, as die meervrou haar versteekte mantel/kappie vind, sal sy terugkeer na die see en haar man en kinders agterlaat.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Meervrou

Meervroue hou die siele van die verdrinktes in hokke totdat hulle deur Swart Honde (gewoonlik Grims of Barguests) versamel kan word om na hul laaste rusplek in die Onderwêreld te gaan.

Hulle leef in die tussen-wêreld Tir fo Thoinn (die Land onder die Golwe) net soos die meeste ander feë wat binne die Water Feë Klassifikasie val (bv. robbefeë, Sirenes, Jengu, ens.).

Net soos alle feë, kan hulle hul voorkoms na goeddunke verander. Wanneer hulle nie in hul meerminagtige vorm is nie, vissterte en al, dra hulle warmer jasse wat soos robbevel lyk om ysige water te oorleef. Die webbe tussen hul vingers en tone maak dit makliker om te swem.

Al hul towerkrag word in hul rooi kappies gehou waarsonder hulle nie naby ander Meervroue durf gaan nie uit vrees vir slawerny. Dit is beter om die mens wat dit gesteel het uit te wag en voor te gee dat sy gevange geneem is, as om ware pyniging aan die hande van hul eie vir ewig te trotseer.

Meervroue, soos alle feë, geniet dit om met mense te speel. En hoewel hulle teen storms sal waarsku, is die kans goed dat dit hulle was wat dit geskep het.

Sommige jag selfs mense om hulle te eet en hou hul siele in hokke as troeteldiere.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van meervrou na Engels: merrow.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *