The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Meerminne

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Meermin" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a wave. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 163: Water Feë: Meerminne

Alles omtrent meerminne in volkskunde, in my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor meerminne in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Meermin

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Meermin

‘n Bekende figuur in volkskunde van regoor die wêreld, hierdie half-vrou, half-vis wese word gewoonlik uitgebeeld as ‘n pragtige vrou van die middel op en ‘n glinsterende vis van die middel af af. Die meermin sit meestal op ‘n rots en kam haar glansende hare sonder ‘n sorg in die wêreld. “Mere” kom van Oud-Engels wat “see” of “meer” (groot watermassa) beteken en “maid” beteken “jong vrou”, dus meermin is ‘n jong vrou van die water.

Elke kultuur het sy eie weergawe van die meermin en dus verskil die voorkoms (en naam) van streek tot streek. In Brasilië is Iara die meermin van die Amasonerivier. Soos die meeste meerminne, funksioneer sy as ‘n sirene wat mans na hul dood lok – gewoonlik dié wat in die oerwoud verlore is. In Brittanje is daar verskeie name vir die meermin – en haar gevaarlike merman man. Mermans word in die meeste tydperke van Mesopotamiese en Babiloniese geskiedenis aangetref – hulle word selfs in Sirië “visman” genoem.

Die geloof in meerminne is al baie lank aanwesig, gesien in hoe soortgelyk hulle oor die hele wêreld voorkom. So onlangs as 1947 het ’n tagtigjarige visserman van die Inner Hebrides beweer hy het ’n meermin gesien wat haar hare naby die kus kam.

Soms word die meermin uitgebeeld as ‘n gevaarlike, wellustige versoeker wat haar sjarme gebruik om mans na hul waterige dood te lok. Ander kere is sy ‘n sagte, wens-verlenende wese wat ook waarsku oor storms en dreigende gevaar. Afhangende van die kultuur en verhaal, word verskillende aspekte van die meermin se karakter beklemtoon. Maar stereotipes moet nie geglo word nie: die meermin, met watter naam ook al, is ‘n wispelturige fee met ‘n agenda wat haar eie is.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Meermin

Meerminne kom in twee vorme voor: die eerste is aantreklik vir hul menslike prooi, die ander hul ware vorm, wat gewoonlik met kieue, skerp tande, skubbe oraloor, webbe tussen hul vingers, en ‘n algeheel anderwêreldse voorkoms is wat mense sal afskrik as hulle dit ooit sou sien, maar gee hulle baie meer krag, beskerm hulle teen die dieptes van die see (koue, druk, duisternis), en verhoog hul spoed.

Net soos Meervroue en Sirenes, werk hulle vir die Anderwêreld en sorg dat diegene wat op see verlore is – mens of feë – na ‘n behoorlike hiernamaals gaan. Hulle vind ook menslike vlees as ‘n lekkerny en ignoreer alle reëls oor interaksie met mense wat die Feërie vorste mag hê.

Hulle is nie gek oor Mami Wata of die Jengu nie, aangesien hulle hul plek as meermense oorskry met hul interaksies met ander feë – en hul oorlog met die Obayifo.

Net soos volkskunde waarsku, is hulle pragtig, dodelik en wispelturig.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van meermin na Engels: mermaid.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts