Episode 243: Alleenloper Feë: Dwergies
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my Donker Hof Susters Reeks. Beskikbaar in eBoek en Luisterboek. Drie susters. Drie voorbestemmings. Drie maniere om die wêreld te verwoes. Gaan na ronelthemythmaker.com/donkerhofsusters om meer te leer.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.
Skakels in die beskrywing.
Ons gaan voort met ons verkenning van Alleenloper Feë.
Vandag se fee: Dwergies
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Ek het in ‘n vorige plasing, Duergar, na die meer gewelddadige dwerge van volkskunde gekyk, maar hierdie gaan oor die dwergies wat dit geniet om te speel met hul snuisterye wat uit die aarde gegrawe is.
Dwergies uit Skandinawiese en Teutoniese volkskunde is ‘n soort feë wat die binnekant van berge en die diepste dele van myne bewoon. Hulle is van klein gestalte, wat wissel van 45 cm hoog tot omtrent die grootte van ‘n tweejarige kind. Hulle lyk gewoonlik soos ou mannetjies met lang baarde. Dwerge woon in stamme met hul eie hoofmanne. Hulle het groot sale gevul met edelgesteentes en goud. Hulle is redelik vaardig in metaalwerk en behendige skatte smee. In sommige mites het hulle die mag om die toekoms te voorsien en hulself onsigbaar te maak.
Dwergies is aan die Aarde verbind en word dikwels as mynwerkers en vakmanne uitgebeeld. In die Noorse mitologie is hulle kundige vakmanne wat onder andere Thor se hamer gemaak het. Hulle is ook bekend vir hul morele dubbelsinnigheid – stories soos die een oor Fjalar en Galar wat die god Kvasir vermoor het om ‘n buitengewone heuningwyn te maak, kom by my op.
Daar is bekende dwergies in antieke Duitsland, insluitend Alberich wat die krag van twaalf mans gehad het en deur die held Siegfried verslaan is, en die dwergkoning, Laurin, wat teen die held Dietrich in sy roostuin veg wanneer die held ‘n vrou kom bevry wat Laurin ontvoer het.
Hulle is deel van die verborge mense, maar leef nogal openlik in die sterflike ryk, en maak steeds pragtige voorwerpe wat deur gode, feë en sterflinge waardeer word.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Dwergies
Dwergies is klein in grootte in vergelyking met mense en hoë feë, en verkies dit so. Hulle is korter as die Galno, al is dit net ‘n bietjie. In sommige stamme word enigeen wat té lank is, uitgegooi. Hulle woon in berge en grawe hul eie myne – vêr onder dié van mense. Daar is maniere om tussen Myne te reis – wat die verraderlike Labirint insluit. Hulle kinders speel met ongeslypte edelstene. Hulle vel is taai genoeg om vuur, lawa en gesmelte edelstene te weerstaan. Om blink dinge van die aarde om hulle te hê, is ‘n manier van lewe. Hulle maak wonderlike snuisterye wat hulle aan ander feë verkoop. Hulle neem die etnisiteit van die plaaslike mense aan.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Read the full folklore article:

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.
Listen to this season’s audiobook:

Listen to the full season with no interruptions.
Explore the Audiobook Library ✦ Browse the Lore Archive ✦ Discover the Faerie Mythos Books ✦ Join the Mythmaker’s Circle
Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

