Krampus in Folklore | The Faeries and Folklore Podcast

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Krampus" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a tree. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 225: Alleenloper Feë: Krampus

Alles omtrent Krampus in volkskunde en hoe ek dit in my skryfwerk gebruik.

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my Donker Hof Susters Reeks. Beskikbaar in eBoek en Luisterboek. Drie susters. Drie voorbestemmings. Drie maniere om die wêreld te verwoes. Gaan na ronelthemythmaker.com/donkerhofsusters om meer te leer.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van Alleenloper Feë. 

Vandag se fee: Krampus

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Alhoewel Krampus meestal in Alpynse volkskunde gevind word, gaan sy oorsprong terug na die Noorse mitologie. As die kleinseun van Loki is onheil wat jy verwag – met ‘n dosis vrees.

Krampus (of Prechten of Tuifl) is die seun van die Noorse godin, Hel. Hy is in volkskunde verbind met St. Nikolaus (Kersfeesvader) aangesien albei omstreeks 5 Desember aankom. St Nikolaus vul die skoene van goeie kinders met geskenke en slegte kinderskoene met ‘n stok. Krampus slaan egter stout kinders met die berkbondel wat hy saamdra voordat hy hulle in sy mandjie stop en wegdra (óf om hulle te eet óf na die onderwêreld). Daar word ook gesê dat hy ‘n klomp steenkool agterlaat.

Krampus het ‘n monsteragtige voorkoms: horings, matte donker hare wat sy lyf bedek, gesplete hoewe, slagtande, kloue – die goed van nagmerries. Benewens sy berkstokke het hy ook ‘n ketting en klokkies om sy voorkoms te voltooi.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Krampus

Krampus is die seun van Hel, Godin van die Onderwêreld. Hy gaan tydens die Kerstyd na die Menslike Ryk om stoute kinders met ‘n bondel berk takkies te slaan of om vir hulle ‘n klomp steenkool te gee. Hy werk saam met die geskenkgewende hekse Befana en Bertha.

Hy verloor sy krag tydens die Wintersonstilstand en verlaat die sterflike ryk kort daarna.

Hy het donker pels, gedraaide horings, rooierige oë en ‘n gevurkte tong. Sy kloue kan deur enigiets skeur. Sy gesplete hoewe kan in die donker gehoor word, so ook die kettings waarmee hy bedek is.

Wanneer geen offergawes tydens Samhain gelaat word om hom te paai nie, sal hy die stout kinders ontvoer en selfs eet in plaas daarvan om hulle in vorm te sweep. Die Joel Ruiters sal vrygelaat word om hom te vind wanneer dit gebeur. Soms weef hy mandjies om die kinders in te hou, ander kere gooi hy hulle in ‘n sak.

Krampus, soos die Joel Ruiters, weet presies wat in die harte van sterflinge is.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

This image shows a decorative horizontal divider featuring an antiqued gold-toned tree enclosed within a circular frame at its center, flanked by stylized vine and leaf flourishes.

Read the full folklore article:

"A digital illustration for 'The Faerie Mythos' featuring Krampus, a shaggy, horned creature with a long beard and menacing expression, standing in a snowy forest next to a decorated Christmas tree. He holds a bundle of twigs in one hand and chains in the other. The top of the image features a tan parchment-style banner with the text 'KRAMPUS' in black, flanked by circular seals."

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.

Listen to this season’s audiobook:

Dark fantasy digital art featuring an elven woman with long, dark hair adorned with small flowers and glowing star-like lights, standing in a magical forest at night under a full moon. Intricate golden filigree and glowing blue wildflowers frame the scene, alongside bioluminescent mushrooms on the forest floor. Gold typographic text reads "SEISOEN 6: ALLEENLOPER FEË" with subtitle text "EENSPAAIER GEESTE, ONHEILSTIGTERS EN DIE ONAFHANKLIKES VAN FEËRIE" and author name "RONEL JANSE VAN VUUREN" with "VOORGELEES DEUR DIE AUTEUR" below.

Listen to the full season with no interruptions.

Explore the Audiobook LibraryBrowse the Lore ArchiveDiscover the Faerie Mythos BooksJoin the Mythmaker’s Circle

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

A dark fantasy, gothic-style banner featuring a faerie and branding text on a deep purple background. On the left, a side profile of a young female faerie with pointed ears, long wavy hair, a floral crown, and translucent, vein-textured wings looks down thoughtfully. She stands in a shadowy forest next to a glowing candle lantern resting on stacked vintage books. The right side features a decorative circular emblem with a moth and crescent moon, followed by the text: "RONEL THE MYTHMAKER," "Exploring the folklore behind the magic—and creating new myths along the way," and the website "RONELTHEMYTHMAKER.COM". The entire image is framed by an ornate, vintage border.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *