Episode 123: Die Ryk van die Feë: Nekromant
Alles omtrent nekromansie, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor nekromansie hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.
Vandag se onderwerp: Nekromansie
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Toorkuns wat die oproep of opwekking van die dooies behels, word nekromansie genoem. Soms word dit gebruik om na swart toorkuns of heksery te verwys, maar dit is ‘n vorm van toorkuns op sy eie. Dit word soms “doodstoorkuns” genoem, aangesien dit met die dooies verband hou. Dit word gebruik om met die dooies te kommunikeer om die toekoms te leer ken, verborge kennis te ontdek, die dooies lewend te maak of om die dooies as ‘n wapen te gebruik.
Nekromansie was algemeen in die Antieke wêreld. Selfs Odysseus het hulp van Circe gehad om die skimme van die dooies op te wek om die nodige kennis te vind. Dit het eeue oorleef. Tydens die Renaissance is Leonardo da Vinci van nekromasie beskuldig omdat hy lyke vir sy anatomiese studies gebruik het – die Pous het hom gedwing om sy navorsing op te gee. En in die moderne tyd word séances gehou wanneer iemand iets van ‘n dooie persoon wil weet.
Of dit nou is om lyke te eet en om jouself te omring met goed wat die dooies voorstel of om net met kerse rond te foeter, om met die dooies te praat kan net lei tot waansin, wanhoop en dood.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Nekromansie
Donker toorkuns wat handel oor die opwekking van die dooies, ‘n beroep op geeste om die bevel van die nekromant te doen, en rondom slegte, onnatuurlike toorkuns.
Ankou, koning van die dooies, is nie lief vir nekromante nie, hoewel hy hulle soms verdra en selfs van tyd-tot-tyd toelaat om hul toorkuns te beoefen.
Karneool is ‘n kragtige klip vir hulle om hul kragte vanuit te trek. Hulle gebruik ook sonsverduisterings en ander astrale gebeurtenisse om hul towerkrag te versterk.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Nekromant na Engels: Necromancer en Nekromansie Necromancy
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.