Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Nixies

Episode 167: Water Feë: Nixies

Alles omtrent nixies in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor nixies in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Nixies

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

In Germaanse en Skandinawiese volkskunde is nixies waterfeetjies wat in riviere en mere woon. Gewoonlik word na die mannetjies verwys as nix; hulle is uitstekende musikante en vormveranderers. Die wyfies word meestal gesien as om soos meerminne lyk. Beide geslagte kan menslike vorm aanneem en is uiters aantreklik.

Net voor ‘n mens verdrink, word nixies gesien wat op die oppervlak van die water dans. Daar word geglo dat die nixies mense na die dieptes suig, hulle verdrink en hul siele in omgekeerde kruike hou.

Nixies is meer allergies vir yster as ander feë. Langtermyn blootstelling sal hulle doodmaak.

Soms neem nix sterflike vroue as hul vrouens. Hulle moet sterflike vroedvroue aanstel om te help met die geboorte van hul kinders.

Nixies woon in onderwaterpaleise – soos die meeste water feë – en hou weelderige bankette waarheen hulle soms mense uitnooi (wat altyd kla oor die gebrek aan sout in die kos).

Nixies mag soms welwillend lyk en waarsku teen storms, maar hulle moet, soos alle water feë, met omsigtigheid behandel word.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Nixies

Nixies is water feë wat verkies om in mere en riviere te woon. Hulle is vorm-wisselaars – hulle kan in enige dier verander, soos enige monster lyk, perfek aanloklik vir mense wees. Ten spyte van wat volkskunde sê, ontvoer hulle nie mense nie – óf deur kinders wat hulle met wisselaars vervang, óf vroue wat hulle as vrouens hou nie. Nixies hou wel menslike siele gevange, maar slegs as ‘n soort vagevuur vir diegene wat nie die lewe met enige soort oortuiging geleef het nie: hulle was nie besonder goed of sleg nie. Daardie mense wat na bankette genooi is, is die geliefdes van die gevange siele, gebring om die dooies te pynig. Hulle eet ook menslike vleis en daarom is hulle aanloklik vir hul prooi. Die paleis van nixies is een plek wat bereik word deur die waterweë van die Anderwêreld en is waar hulle die siele bewaar en hul bankette hou. Nixies woon nie in die paleis nie en verkies die wildernis van hul riviere en mere. Hul missie is om hul tuiste skoon te hou – wat beteken as ‘n mens hul rivier of meer besoedel, sal hulle hul siel pynig totdat Ankou, koning van die dooies, die siel vryspreek en dit toelaat om voort te gaan na sy bestemde hiernamaals.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.