Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Dullahan

Episode 199: Werkers van die Dood: Dullahan

Alles omtrent Dullahans in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Dullahans in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Dullahan

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Dullahan: die koplose ruiter uit Ierse volkskunde. Hierdie fee ry op ‘n swart perd met vlammende oë en galop oor die donker platteland met sy kop onder sy arm. Sodra hy ophou ry, sal iemand sterf. In sommige weergawes van die legende gooi hy wasbakke met bloed na mense terwyl hy in ander net die naam uitroep van die persoon wat gaan sterf.

In die meeste verhale is sy kop die kleur en digtheid van gemufde kaas, met sy glimlag wat van oor tot oor strek. In sommige legendes gebruik hy sy kop as ‘n lantern aangesien dit fosforglimmend is. Alle stories sê egter dat die dullahan manlik is.

Wanneer hy nie op sy perd ry nie, het hy ‘n wa wat deur skeletperde getrek word – of koplose perde, afhangende van die verhaal. Hy gebruik ‘n menslike ruggraat as ‘n sweep en sy wa is gemaak van die bene van mense – selfs die wiele is gemaak van dybene. As die wa ‘n bedekking het, is dit van mensvel gemaak. Dit is bedek met kerse sodat dit maklik deur mense gesien kan word. Alhoewel, as jy by jou venster uitloer, sal jy waarskynlik ‘n oog verloor van daardie bose sweep.

Die dullahan staan saam met die Donker Hof. In sommige verhale is hy ‘n soldaat wat in die geveg onthoof is, wat deur die Donker Feë tot lewe gebring is om wraak te neem. In sommige verhale vergesel ‘n banshee hom op sy nagtelike reise.

Geen slotte of hekke kan hom versper nie: alles vlieg oop wanneer hy êrens wil ingaan. Sy enigste swakheid: goud. Hy het ‘n irrasionele vrees vir die stof. Selfs ‘n klein bietjie is genoeg om hom weg te jaag.

Of jy glo dat hy perd ry of per wa reis, bly net binne en moenie na buite kyk nie of jy sal waarskynlik met bloed bedek word, ‘n oog verloor of sterf.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Dullahan

’n Angswekkende wese. Die enigste ding wat ewe vreesaanjaend is, is die perd wat hy ry: ‘n swart perd wat vonke snork en gloeiende oë het (kleur verskil van een perd tot die volgende).

Dullahans is koploos. Hulle is gewoonlik perderuiters, alhoewel hulle soms in hul waens van die dood sal uitry. Die swart koets het skedels oraloor verlig met kerse van binne. Die wiele se speke is gemaak van die femurs van mense en feë in gelyke mate. Ses swart perde trek die koets vinnig en geruisloos en skep vure in sy nasleep.

Of hy in ‘n wa of op die rug van ‘n perd is, niks kan die Dullahan uithou nie. Alle slotte ontsluit, deure en hekke vlieg oop wanneer hy ook al wil ingaan. Niemand is veilig van die aandag van hierdie Donker Feë nie.

Die Dullahan se kop kan óf soos gemufde kaas, ou deeg of ‘n vreemde kombinasie daarvan lyk met die duidelike vorm van ‘n skedel. ‘n Angswekkende, afskuwelike, idiotiese grinnik skeur die gesig – hoe nader die skepsel is om ‘n siel te roep om saam met hom na die doderyk te ry hoe breër word die grynslag. Die hele kop gloei fosforglimmend, die sterkte van die lig wissel vir bekruiping. Soms sal die Dullahan sy eie kop as ‘n lantern gebruik om te sien…

Die Dullahan hou van bloed. Hy dra ‘n wasbak vol daarvan saam, gooi dit na die nuuskieriges wat na hom kyk en soms op sy slagoffers om hulle te onderwerp.

Seker die mees makabere aspek van hierdie Fee is die ruggraat van ‘n mens wat hy as ‘n sweep gebruik. Volgens legende behoort die ruggraat aan iemand wat hy in ‘n vorige lewe voor omgegee het.

Dullahans word deur die Donker Hof geskep as deel van een of ander vreemde ritueel om die dooies te paai. Dullahans kan óf gemaak word van mense (hulle hou nie regtig lank nie) óf van feë wat vir hierdie opoffering gekies is. Altyd die een wat gekies word om ‘n Dullahan te word, word deur ‘n goue byl onthoof.

Hulle het ‘n sterk getrouheid aan die Donker Hof.

Dullahans hou nie so baie daarvan om te praat nie. Meestal omdat die kop wat op die saalboom gevestig is, deur te veel praat ontwrig kan word. ‘n Mite het ontstaan dat hierdie fee ‘n beperkte spraakvermoë het omdat die liggaamlose kop meestal net die naam uitroep van die siel wat hy kom versamel het.

Alhoewel daar geen ware verdediging teen hierdie aankondiger van die Dood is nie, lyk dit of die Dullahan ‘n irrasionele vrees vir goud het. (Seker omdat dit ‘n goue byl was wat hom in ‘n vorige lewe doodgemaak het.) Slegs goue wapens het enige effek op hulle. Goud wat met toorkrag van die grond af versamel is en dan daarna gegooi word, werk soos skrapnel en is redelik effektief om hulle weg te jaag.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

2 thoughts on “The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Dullahan”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *