Episode 205: Werkers van die Dood: Doodsnimf
Alles omtrent Doodsnimfe in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Doodsnimfe in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Oorsprong van die Feë reeks: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/originofthefaeseries/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.
Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.
Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood.
Vandag se fee: Doodsnimfe
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Die Vila of doodsnimf uit Slawiese mitologie is ‘n wese uit ‘n ras van vroulike geeste van die dooies wat vir ewig jonk en mooi is. Sy is veroordeel om tussen ryke te sweef omdat sy ‘n ligsinnige menselewe gelei het, en is ‘n voordelige wese wat daarvan hou om te dans en sing. Doodsnimfe is pragtige jong vroue met lang, vloeiende hare en hulle dra óf wit óf blou rokke. Hulle het genesende kragte wat hulle gewoonlik vir diere behou. Daar is verskeie verhale van doodsnimfe wat met sterflike mans trou, hoewel hulle geneig is om weg te bly van mense. Doodsnimfe woon in woude en heuwels, hou feeste onder as- of kersiebome waarheen hulle soms sterflike mans nooi, en kan met diere gesels. Hulle is vernufde boogskutters en skiet diegene wat op hul partytjies inval met dodelike akkuraatheid.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Doodsnimfe
Doodsnimfe is bekoorlike feë wat in beide die Anderwêreld en die wêreld van die lewendes woon.
Hulle het pragtige sangstemme en is betowerend om te kyk wanneer hulle dans – wat hulle graag doen.
Hulle is uitstekende boogskutters en vertoon gewoonlik hierdie vaardigheid wanneer sterflinge hul feeste onderbreek. Hulle het hul partytjies onder kersiebome.
Doodsnimfe het lang vloeiende hare en dra gewoonlik wit, al het hulle’n voorliefde vir skakerings van blou. Hulle is die Bewaarders van die Blou Fees waar alle feë wat blou is ‘n fees kan geniet wat ontwerp is om hul syns te betaal en hul betowering op te bou.
Hulle hou nie besonder van mense nie, alhoewel hulle weet dat dit nodig is om hulle te bekoor om deel te neem aan hul feeste as opoffering. Hulle sal doen wat hulle moet om mense na hul spesiale fees te lok. ‘n Dik grasring, ‘n soort feetjiering, bly oor na so ‘n gekuier en die wat verstandig is weet om nie deur te gaan nie, want hul lewenskrag sal dadelik gedreineer word en hulle sal deel van die bos word.
Hulle is die vredebewaarders van die woud. Enige dier of fee met ‘n probleem kan hul heilige Asbome gaan en die doodsnimf wat daar wag, laat oordeel. Alhoewel hulle van alle diere hou, het hulle ‘n voorliefde vir honde.
Hulle geniet dit om storms te skep net vir die pret daarvan. Al sal hulle die beseerdes genees en soms hul profetiese kragte gebruik om tragedie te voorkom.
Doodsnimfe is vormveranderers, ‘n eienskap wat hulle met die meeste feë deel.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

