The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Furieë

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Furieë" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a skull. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 197: Werkers van die Dood: Furieë

Alles omtrent Furieë in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Furieë in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Furieë

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Furieë, antieke geeste van geregtigheid en wraak, is die dogters van Uranus (Lug) en óf Gaia (Aarde) óf Nyx (Nag), afhangende van die bron. Hulle getalle is onbepaald, maar Virgil het drie herken: Alecto (“onophoudelik”), Megaera (“teësinnig”) en Tisiphone (“wrekende moord”). Dit is goed gevestig dat dit hul rol is om orde te hou en diegene wat die reëls oortree te straf (bv. vervolging van moordenaars, ens.).

Godinne van wraak, verpersoonlikte vloeke, spoke van die vermoordes: maak nie saak wat hulle is nie, die Furieë straf hul slagoffers deur hulle mal te maak. Hulle dra fakkels, swepe en bekers gif om straf uit te voer. En wanneer hulle nie in die Land van die Lewendes werk nie, martel hulle verdoemde siele in Hades.

Die Furieë is nie boos nie: hulle straf net kwaaddoeners, so onskuldige mense het niks om van hulle te vrees nie. Selfs wanneer hulle as stormwolke of swerms insekte verskyn.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Furieë

Furieë is legio. Hulle versamel die siele van die gesneuweldes om te veg aan die einde van die tyd.

Hulle straf ook die goddeloses, wreek die onskuldiges en meng in in die lewens van sterflinge en fee.

Hulle dra klere van as, roet val in hul nasleep. Hulle het vlerke wat soos vlermuise s’n lyk.

Furieë is uitstekend in gevegte. Hulle kan enige wapen gebruik en kan hul vyande vermorsel in nabye gevegte (met of sonder wapens).

Hulle woon in die Onderwêreld. Hulle antwoord aan Dagda, die Bewaarder van die Sluier en Ankou – die Koning van die Dooies. Soos alle wesens wat met die Dood geassosieer word, is die reëls van Feërie nie op hulle van toepassing nie. Hulle kan as doodsfeë geklassifiseer word.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts

One Comment

Comments are closed.