Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Huiskabouters #podcast #faeries #folklore

Episode 97: Klein, Alledaagse Feë: Huiskabouters

Alles omtrent huiskabouters, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor huiskabouters hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Huiskabouters

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Wie wil nie iemand in die omtrek hê wat hul werk in die donkerte van die nag voltooi nie? Mm, miskien is ek die enigste een wat ekstra hulp in die huis wil hê …

Huiskabouters is klein, behulpsame feë wat in die huis woon en nuttige huishoudelike take verrig wat snags ongedaan gelaat word, soos botter karn, meubels poleer of wasgoed was. Hulle het oorspronklik van Skotland en Noord-Engeland gekom, maar kan onder verskeie name regoor die wêreld gevind word. Huiskabouters is gewoonlik in tooiings geklee of is poedelnakend en sal jou huis verlaat as jy dit waag om vir hulle klere aan te bied. Hulle kan met óf ‘n persoon, ‘n dier óf die eiendom self bind en sal aanstoot neem deur enigeen wat dit sleg behandel. Huiskaboutes hou van heuning en room – so los ‘n bietjie op jou kombuistoonbank sodat dit as ‘n bederf gevind kan word en nie as betaling nie. Hulle word maklik kwaad en verander dan in skrikbeelde: vernietigende weergawes van hulself wat dit geniet om dinge te breek.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Huiskabouters

Huiskabouters is die dienaars van die Hoë Feë (van enige Hof).

Hulle is androgeen. Hulle is die grootte van ‘n twee liter koeldrankbottel. Huiskabouters dra alles wat hul meesters van hulle vereis – of dit nou die mode van die tyd of bediendedrag uit Middeleeue is. Hulle is behep met tegnologie en hou van die kombuise waarin hulle werk om met die beste en nuutste toerusting toegerus te wees. Hulle is uitstekende kokke. Huiskabouters is onvermoeide helpers vir diegene wat hulle waardig ag. Hulle is behep met skoonmaak en netheid. Hulle hou nie daarvan as ander probeer om hul pligte na te kom nie.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van huiskabouters na Engels: brownies.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *