The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Waar Water en Dood Bots

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the words "Waar Water en Dood Bots" are written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a crescent moon and the words “From the Folklore Archive”. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 193: Water Feë Waar Water en Dood Bots

Alles omtrent Waar Water en Dood Bots in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Waar Water en Dood bots

Vir die meederheid word water as lewe gesien. Van die vrugwater voor geboorte tot die voeding wat dit deur die lewe voorsien, is water noodsaaklik vir ons bestaan. Die menslike liggaam bestaan uit ongeveer 60% water.

Maar water is beide opboueend en vernietigend: ‘n bron van lewe en van dood.

Baie mitologie praat van die dood as die oorsteek van water. In Griekse mitologie moet die Styxrivier oorgesteek word om die onderwêreld te bereik. In Keltiese mitologie is die ander wêreld oorkant die see of mere op eilande.

Deur die geskiedenis heen het verhale van wesens van die dieptes wat matrose na die see se dieptes geneem het, vertroosting gebring vir diegene wat agtergebly het, aangesien iets die skuld kan kry vir die verraderlike aard van die oseaan – en ander waterbronne. Jenny Greenteeth en haar soort kry die skuld vir varswatersterftes.

Water en dood is duidelik nou saamgebind. Sekere water feë soos sirenes, meerminne, nixies, kappas, waterperde, meervroue, moeras monsters, rivier wywe en meer is werkers van die dood – sommige bloot deur hul optrede, terwyl ander soos meervroue verdrinkte siele hou totdat hulle na die Anderwêreld geneem kan word.

Noudat ons in vorige episodes na water feë gekyk het, kan ons aanbeweeg na ander werkers van die dood.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts