Episode 173: Water Feë: Kappa
Alles omtrent kappas in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor kappas in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Eens: Verhale, Mites en Legendes van Feërie: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/once-tales-myths-and-legends-of-faerie/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Kappa
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Die yokai van Japannese volkskunde is fassinerend. Veral die Kappa, ‘n amfibiese yokai. Ons sal dit as ‘n feë klassifiseer. Kappas word uitgebeeld as groen, die grootte van mensekinders met ‘n mensagtige liggaam, gewebde hande en voete, ‘n skilpaddop op hul rug, en met ‘n holte op sy kop wat water hou. Hierdie holte of bak is uiters belangrik: solank dit water behou, kan die Kappa op volle krag buite sy waterbron bly. As die bak beskadig of droog is, is die Kappa verswak.
Kappas is mal oor komkommers en geniet sumo-stoei. Hulle woon in die damme en riviere van Japan. Hierdie ondeunde wese leef ‘n eensame lewe, maar sal by geleentheid bevriend raak met ander feë. Sommige Kappas is egter kwaadwillig tot die punt dat hulle mense verdrink en mensvleis eet. As gevolg van hierdie af en toe kwaadwillige gedrag, is daar ‘n tradisie om die name van familielede op komkommers te skryf en hulle op strome te laat dryf in ‘n poging om die plaaslike kappa te paai en die familie te beskerm.
Hierdie geheimsinnige en angswekkende wese heers steeds oor die platteland van Japan waar plaaslike inwoners waarskuwingsborde naby watermassas hang en komkommers los vir ingeval.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Kappa
Hierdie wese is lief vir komkommers. Dit geniet ook kool. ‘n Min bekende feit: dit hou net van groen groente en sal eet wat ook al in seisoen is.
Kappas is bekend daarvoor om onheil te veroorsaak. Diegene wat van hul plaaslike Kappa weet, sal dit iets aanbied om dit te paai (gewoonlik ‘n komkommer) en die Kappa sal daardie persoon alleen laat vir watter tydsraamwerk ook al onderhandel is.
Kappas kan nuttig wees. Vir ‘n prys. Bied dit genoeg groen groente aan en dit sal doen wat ook al gedoen moet word.
‘n Kappa kan uitgeken word aan sy skilpaddop, groen vel, kinderlike liggaam en die holte op sy kop wat altyd met water gevul moet wees (dit is die bron van sy krag).
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

