Episode 131: Sterkste Spelers van Feërie: Feetjie Katte
Alles omtrent feetjie katte, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor feetjie katte hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.
Vandag se fee: Caìt Sìth of Feetjie Katte
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Katte figureer in die geskiedenis en volkskunde van baie nasies en is ‘n gunsteling onder kunstenaars en skrywers. Almal weet dat katte nege lewens het – en hierdie kennis kom van hul oënskynlike deugsaamheid as hulle valle oorleef wat dodelik vir ander sou wees, hul nonchalante houding wat beskou kan word as ‘n gebrek aan enige instink vir selfbehoud, en die manier waarop hulle blyk of hulle reg deur jou staar.
Dit lyk asof swart katte om elke hoek en draai afkap: sedert die Middeleeue word hulle gesien as óf hekse in vermomming óf as gedienstige geeste wat met hekse werk en dus voorboders van swart toorkrag, om een van agter te sien is ‘n slegte teken, as dit wegstap van jou is dit slegte geluk, as dit jou pad kruis is dit slegte geluk, en dit word selfs geblameer dat hy sy neus by dié van ‘n pasgebore baba sit en die lewe daaruit suig.
Behalwe in die VK: daar word swart katte as goeie geluk beskou en wit katte (blykbaar die kleur van spoke) word as ongelukkig beskou.
In Antieke Egipte is Bast die godin van katte. Sy word uitgebeeld met die kop van ‘n kat en as die beskermer van katte. En sy word gewoonlik uitgebeeld as ‘n pragtige swart kat.
In die Noorse mitologie het Freyja twee swart katte wat haar strydwa trek.
Dit lyk asof nie almal swart katte vereenselwig met dood en duisternis nie …
In Ierland staan ‘n swart kat met ‘n wit pelsvlek op sy bors egter bekend as die Koning van die Katte, Caìt Sìth of Grimalkin. Hierdie kat is inderdaad ‘n fee. Die enigste manier om hierdie ondeunde kat gelukkig te hou, is om ‘n piering room uit te laat. Selfs Shakespeare het Gimalkin in een van sy toneelstukke: Macbeth, Bedryf I, die eerste heks sê “Ek kom, Graymalkin” wanneer haar gedienstige gees as ‘n kat roep.
Of jy hulle toweriek ag of nie, as jy té diep in ‘n kat se oë staar, sal jy visioene sien van ‘n feëwêreld wat deur daardie selfde oë op jou spioeneer… of miskien is dit net die pyn om gekrap te word nadat jy die kat uitgedaag het!
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Caìt Sìth
Die Feetjie Kat in Skotse mitologie wat gewoonlik as ‘n swart kat met edelkleurige oë vertoon.
Hulle het geen ware getrouheid nie, al vorm hulle selde ‘n sterk band met ‘n ander Feë.
Hulle gebruik Verstandpraat om te kommunikeer en is gewoonlik brutaal. Hulle praat soos hulle wil.
Normaalweg bring hulle ongeluk op alle mense wat hulle sien. Hulle is ondeund van aard. Sommige het wel slegte wil teenoor mense.
Hulle kan hulself na willekeur onsigbaar maak – selfs vir ander Feë.
Die enigste bekende alliansie tussen die Cù Sìth (feetjie honed) en die Caìt Sìth (feetjie katte) is dié van die Cù Sìth Saphira en die Caìt Sìth Jade.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van feetjie kat na Engels: faery cat.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.