Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Wat is Donker Fantasie?

Episode 153: Wat is Donker Fantasie?

Alles omtrent donker fantasie.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Wat is Donker Fantasie?

Hierdie week se episode is ‘n bietjie anders. Ek het verskeie boodskappe van luisteraars en van lesers van my blog ontvang wat vra oor wat Donker Fantasie is.

Wanneer ek vir iemand sê dat ek Donker Fantasie skryf, deins hulle terug. Hoekom? Omdat hulle “donker” hoor en “gruwel” dink. Of erger.

Ek het dus besluit om hierdie episode te doen met die hoop dat wanneer iemand aanlyn soek vir “donker fantasie”, hulle dit sal vind en die kuns daaragter sal verstaan.

Definisie van Donker Fantasie:

Donker Fantasie in ‘n neutedop: Donker Fantasie bevat die donkerder en angswekkende aspekte van fantasie. Dit het gewoonlik ‘n atmosfeer van afgryse en vrees, hoewel dit nie nodig is nie.

Steeds deurmekaar? Wat van ‘n kort lysie?

• Donker Fantasie is ‘n sub-genre van fantasie. (Fantasie handel oor die fantastiese: towerkrag, mitiese wesens, ens.)

• Donker Fantasie gebruik elemente van fantasie om die donker kant van die menslike natuur te bestudeer. (Baie sielkunde, vreemdheid en verwondering.)

• Donker Fantasie is op sy gemak met die bloed en gruwel wat eie aan sy duisternis is, maar dit het nie ten doel om bang te maak nie. (Dis nie gruwel nie.)

• Donker Fantasie het baie anti-helde en “normale” mense wat onsmaaklike dinge vir die groter voordeel moet doen. (Soos hoe Amy die stropers jag wat agter haar pegasi aan was in “Toorkrag Teen Middernag”.)

• Donker Fantasie skurke wissel van misleide siele tot voluit slegte ouens.

• Donker Fantasie verhale delf in die dieptes van spekulatiewe fiksie, is donker en verdraai sonder om die doel om lesers bang en naar te maak.

Hoe skryf ek Donker Fantasie?

Ek meng dit met Lae Fantasie (waar towerieke gebeurtenisse ‘n andersins normale wêreld binnedring) of Stadsfantasie (waar toorkrag en vreemde goed insluip op die rande van ‘n wêreld waar toorkuns nie die norm is nie en die meeste mense salig onbewus daarvan is).

Ek sou “Toorkrag Teen Middernag ” beskryf as Lae Fantasie en “Donker Begeertes” as Stadsfantasie. Jy kan die verskil in genres sien aan hul omslae en beskrywings.

Toorkrag Teen Middernag het ‘n gevleulde perd met glimmende rooi oë op die voorblad.

Beskrywing:

VERRAAD.

SAMESWERINGS.

TOORKRAG.

Amy ken net een leefwyse. Nou moet sy alles op die spel sit om dit wat kosbaar vir haar is te red. Kan hierdie eenvoudige plaasmeisie lewe in die kasteel oorleef? Kan sy ‘n oorlog wat dreig om haar wêreld af te brand keer? En wat van die geheimsinnige prinses van die Haselneut Woud en haar skelm kyke…? Nie gepraat van die prins van die Akasia Woud wat dalk betrokke is by die profesieë wat hul koninkryke beheer nie. Met geheime en raaisels wat die lewe wat sy so graag na wil terugkeer bedreig, kan sy haar gevoelens van die missie skei?

Hoe vêr sal sy gaan om haar geliefdes te beskerm?

Donker Begeertes, het ‘n jong vrou op die voorblad met bruisende toorkrag om haar en haar hand wat gloei van toorkrag, sowel as komedie-/tragediemaskers daarop om te pas by die byskrif: wanneer maskers afgeruk word …

Beskrywing:

Yster en feë is nie vriende nie.

Tog het Tasha geen ander keuse as om in die mense-wêreld te wees nie: haar lewe is op die spel.

Hoërskool is egter nie veel veiliger as Feërie nie. Cliques, verlief raak en dag-tot-dag aktiwiteite navigeer, is gevaarlik genoeg sonder om te vrees vir ontmaskering as ‘n wese van ‘n ander wêreld.

Maar wanneer iets gebeur en almal hul ware self openbaar, het Tasha ‘n keuse om te maak: sal sy hulle red van die vloek op hulle en haar ware aard openbaar, of sal sy hulle laat doodgaan en self veilig bly?

Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Tasha die omwenteling van haar wêreld hanteer.

*Hierdie is die eerste boek in die Donker Hof Susters reeks.

Jy kan meer leer oor hierdie boeke, en ander, op my webwerf ronelthemythmaker.com/my-books.

Ek gebruik my eie Feëryk (Feërie, die Tussen-In, die Wilde Woud, ens.) en sy inwoners om my fantasiewêreld te vul. Ek blog een keer per jaar vir ‘n maand lank oor die plekke en wesens wat ek uit volkskunde gebruik en ek voeg dit by my “Oorsprong van die Feë” bladsy vir maklike toegang vir lesers wat na ‘n spesifieke wese soek. En natuurlik doen ek hierdie podcast.

Wat ouderdomsgroep betref, dink ek dat jy my stories kan lees, maak nie saak hoe jonk van gees jy is of hoe oud jou rybewys sê jy is nie. Ek dink egter dat lesers diskresie aangeraai word: sommige van my boeke handel oor geestesiektes, die uitval van seksuele aanranding, geslagsidentiteit, diereregte (soos in die geval van stropers), dood, eiemagtige geregtigheid, organ-handel, en ander warmknoppie-kwessies waarvoor mense geneig is om weg te skram. Soms is hierdie kwessies dun bedek en ander kere is dit sentraal in die intrige.

Ek beoog wel om vir die jong volwassene-mark te skryf, so ek hou my boeke skoon (geen grafiese geweld – ten minste, ek probeer om nie té grafies te wees nie, al het ek gedesensitiseer geraak om in ‘n “brandende land” te woon. Geen seks nie – alhoewel as karakters wel in ‘n gefoefel betrokke raak, vervaag die toneel na swart soos in ‘n ou fliek). Die meeste van my stories gaan daaroor om uit te vind wie jy is en wie jy wil wees (mondigwording-stories met ‘n boodskap oor grootword).

Ek het baie idees oor hoe dit hanteer moet word … Wat gewoonlik in ‘n hewige debat met my skryfvriende ontaard. En hoe verduidelik ek Donker Fantasie aan hulle? Donker fantasie gaan alles daaroor om die menslike toestand te ondersoek, te kyk na die gevolge van optrede en besluite, en hoe die oortuigings wat ons het die manier waarop ons ons wêreld sien, kan verander.

Hoekom skryf ek Donker Fantasie?

Ek kan menslike sielkunde in die veiligheid van ‘n boek verken deur mense deur aaklige situasies te sit, terug te sit en te kyk hoe dit afspeel – sonder om na ‘n plek vir kriminele kranksinniges gestuur te word. Dit is hope pret as dit reg gedoen word.

Boonop kan ek my eie monsters hanteer deur te skryf…

Gregory House het in die TV-reeks “House” iets gesê wat by my aanklank gevind het: Dit is ‘n basiese waarheid van die menslike toestand dat almal lieg. Die enigste veranderlike gaan oor wat.

Dit sorg vir interessante karakters!

Ek skryf donker fantasie omdat jy dinge in boeke kan sê en doen wat jy te bang is om in die werklike lewe uit te druk. Boonop is dit lekker om karakters in beroering te bring om te sien hoe hulle sal reageer. En daar is natuurlik gevleulde perde.

Ek hoop dit het jou vrae beantwoord.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.