Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Seenimf

Episode 159: Water Feë: Seenimf

Alles omtrent seenimfe in volkskunde, in my skryfwerk en oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor seenimfe in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Seenimfe

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Nereïdes van die Griekse mitologie word diep geassosieer met water, veral seewater. Hulle is die verpersoonlikte geeste van die see in vroulike vorm. Hulle word gewoonlik in die see rondom antieke Griekeland aangetref, hulle leef harmonieus met alle seediere en geniet dit om met dolfyne en See Perde te speel. Die seenimfe is welwillende figure en is nuttig vir matrose in nood. In sommige weergawes van die mite word hulle uitgebeeld met vissterte – soos meerminne – in plaas van voete.

Amphitrite is die bekendste van die Nereïdes aangesien sy die vrou is van Poseidon, moeder van Triton, en koningin van die see.

Meestal woon die Nereïdes in ‘n goue paleis in die dieptes van die Egeïese See saam met hul vader Nereus. Hulle simboliseer alles wat goed en goed van die see is. Die Nereïdes is pragtige jong meisies wat lief is vir sing en dans.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Seenimfe

Hierdie feë is die verpersoonliking van alles wat mooi en vriendelik is aan die see. Hulle hou daarvan om te sing en te dans, wat geluk en kalmte deur die see veroorsaak. Seenimfe is altyd op die hoogtepunt van die mode, alhoewel hulle verkies om kaalvoet te wees. Hulle kom ligsinnig voor, maar hulle is eintlik uiters kragtig en lojaal.

Hulle beskerm die see, diegene wat daarin woon en diegene wat daaroor reis. Wat hulle natuurlik van tyd-tot-tyd met die Seehekse laat bots.

Sommige woon saam met die koning van die see in sy goue paleis, maar die meeste verkies om deur die dieptes te reis en nuwe dinge te ontdek.

By geleentheid sal hulle aan parades deelneem en op die rug van dolfyne of See Perde ry.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van seenimfe na Engels: sea nymph.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *