Episode 175: Water Feë: Watergees
Alles omtrent watergeeste in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor watergeeste in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Eens: Verhale, Mites en Legendes van Feërie: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/once-tales-myths-and-legends-of-faerie/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Watergees
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Daar is verskeie feë wat onder watergeeste val.
Alven of Otteermaaner, is ligte en vlerklose water feetjies wat hulself in borrels toevou om in die water rond te beweeg en hulle kan selfs in otters verander.
Bisimbi is natuurgeeste wat met watervalle en poele geassosieer word. Hierdie Sentraal-Afrikaanse feë dring aan op vrygewige aanbiedings van kos of hulle word kwaadwillig, en dring die gedagtes van kinders binne.
Dracs is vorm-wisselende watergeeste uit Frankryk wat in grotte en riviere woon. Hulle neem gewoonlik die vorm van goue koppies aan en dryf op die rivier om vroue en kinders te lok om na hulle te reik – hulle gryp dan hul prooi en sleep dit af na die bodem van die rivier. Die Dracae van die Skotse Laelande is nogal soortgelyk.
Die Fuathan is die naam wat aan alle Skotse watergeeste gegee word. Hulle is gewoonlik geniepsig en dreigend van aard.
Glaistig, of Green Glaistig, of Groen Dame is ‘n Skotse watergees. Sy kan voorkom as ‘n pragtige vrou, ‘n bok, of in haar bastervorm van halfvrou en halfbok (sy dra gewoonlik ‘n lang groen rok wat haar onderste bokhelfte versteek). Sy wag soms langs ‘n afgeleë rivier of meer vir iemand om haar oor te dra. Afhangende van die manier waarop sy hanteer word, sal sy die persoon óf laat verdwaal óf hul keel afsny. Sy het ‘n harde kerm, baie soos die Banshee. In sommige verhale drink sy die bloed van haar slagoffers. In ander verhale is sy die beskermer van beeste en word melk in ‘n uitgeholde klip aangebied vir volgehoue welwillendheid. In nog ander verhale is sy die godin van die jag, wat takbokke beskerm en selfs haar troppe wegsteek vir jagters wat ooie in plaas van ramme skiet. As die Groen Dame was sy eens ‘n sterflike edelvrou wat vervloek is met ‘n feë geaardheid, bokpote en onsterflikheid. Die Groen Dame kan goedaardig wees, sy kyk uit vir diegene wat swak van verstand is, of kan ‘n wraaksugtige gees wees. Selfs as ‘n pragtige vrou het die Glaistig ‘n grys gelaatskleur, vandaar haar naam wat van “glas” kom wat grys beteken.
Dit is die beste om weg te bly van vroue wat op hul eie om watermassas hang.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Watergees
Watergeeste is vorm-wisselaars wat maklik klein genoeg kan wees om hulself in borrels toe te draai om in die rivier te reis of ‘n pragtige vrou te wees om haar (gewoonlik) manlike slagoffers te verstrik. Watergeeste het bloed nodig om hul betowering aan te vuur, anders sal hulle niks meer as gasagtige geeste wees nie. Selfs as ‘n pragtige vrou het sy groen-grys vel en die onderlyf van ‘n bok. Die meeste watergeeste het lang, glansende hare waarvoor hulle baie sorg – baie soos meerminne, sirenes en ander roofsugtige water feë.
Gehuldig as beskermers – of as plae – ‘n watergees sorg vir haar omgewing en die diere wat daar woon. Hulle is aan die aarde en die water vasgebind, hulle kan groot krag uitoefen. Hulle word maklik tot woede geroer en kan groot skade aanrig in hul toorn. Selfs haar kerm kan rampspoed vir haar vyande meebring.
Alleenloper van aard en lief vir kinders – dit is gewoonlik hulle wat vir wisselaars sorg wanneer ander feë uitgekuier is.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van watergees na Engels: Glaistig.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

