Episode 113: Die Ryk van die Feë: Maan
Alles omtrent die maan, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor die maan hier.
Kry die transkripsie hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.
Vandag se onderwerp: Die Maan
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Die maan kan enige gif en kwaal in haar magiese gloed genees. As sy wil.
Een of ander vorm van maanaanbidding kan in byna alle antieke godsdienste gevind word. In daardie opsig het ‘n Maangod ‘n verskeidenheid funksies na gelang van die kultuur en is dit soms ‘n verpersoonliking van die Maan. In sommige kulture verander die Maangod name – soos wat gebeur het met die Griekse Artemis en Romeinse Diana, en die Griekse Selene en die Romeinse Luna toe hulle gesinkretiseer is as ‘n Grieks-Romeinse Maangodin bekend as Cynthia.
In baie kulture is die maandelikse siklus van die maan gekoppel aan vroue se menstruele siklusse omdat hulle glo dat die maan vroulik is. In sommige kulture is die Maan egter manlik (en die Son is vroulik).
Magies gesproke is die Maan ons verbinding met alles in hierdie wêreld en die sterrestelsel daarbuite. Die Maan ontvang krag van alle planete, sterre, ens. en reflekteer dit. Dus is die maan ‘n kragtige magiese bondgenoot. Die maan word in baie magiese rituele gebruik. Sommige rituele kan slegs tydens ‘n Nuwe of ‘n Volmaan uitgevoer word.
Die Maan word meestal geassosieer met nag, duisternis, rus, dood en water. Sy word die beste in die donker gesien, sy verskyn in die nag, nag is die tyd wat mense rus, “gaan saggies die goeie nag in” is ‘n eufemisme vir die dood, die maan se fases beheer die see se getye, en daar is ‘n oortuiging dat die Maan ook reën en mis beheer (‘n stralekrans om die maan is ‘n ou teken van reën).
Boere is bekend daarvoor dat hulle volgens die Maan se fases saai en maai, en glo dat dit sekere tye van die maand beter is om blaargroente (bv. spinasie) te plant en ander tye van die maand is dit beter om wortelgroente (bv. wortels) te plant.
Interessante feit: die Engelse woord “lunatic” kom van die Latynse “luna”, want daar word geglo dat mense meer verregaande optree tydens ‘n volmaan. Klink of iemand Luna blameer vir hul slegte gedrag…
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: die Maan
As ‘n hemelse bol straal die maan krag uit wat towernaars en meer kan gebruik om hul towerspreuke te verbeter.
As ‘n godin staan die Maan as Cynthia bekend.
Cynthia is die Beskermer van die Aarde. Sy behoort nie aan die een van die Feë Howe nie, en sy bly uit Feërie se politiek. Sy het wel te doen met verskeie Natuur Feë en ander wat gevonnis is om op die Aarde te lewe, hoewel dit moeilik is vir diegene op Aarde om direkte kontak met haar te hê. Daar is ‘n towerweg wat die maan (hemelbol) met die aarde verbind wat Cynthia gebruik om te reis en ander toelaat om haar op die maan te ontmoet.
Tegnies is Cynthia die maan en die maan is Cynthia. Haar gedagtes, gevoelens, welstand is direk verbind met die hemelbol wat aardbewoners sien in die nag.
‘n Swart Maan, wanneer die Maan heeltemal afwesig is, is ‘n slegte teken vir die werkers van die Dood – veral Walkures.
‘n Bloedmaan, wanneer die maan rooi getint gesien word, is ‘n goeie teken vir vampiere.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van maan na Engels: moon.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.