Episode 207: Werkers van die Dood: Barguest
Alles omtrent Barguests in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Barguests in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Oorsprong van die Feë reeks: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/originofthefaeseries/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.
Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.
Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood.
Vandag se fee: Barguest
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Met soveel variasies in sy naam as in sy voorkoms, is die Barguest ‘n swart hond uit Britse mitologie. Vir sommige kom dit net in Yorkshire voor, vir ander kom dit ook van Manchester, Northumberland en Durham af. Sommige glo selfs dat dit in kettings toegedraai is, of kettings daaragter sleep. Voel té veel soos Marley in een of ander Dickens-agtige nagmerrie, as jy my vra.
In sommige verhale sal plaaslike honde blaf om die verskyning van die Barguest aan te kondig. In ander verhale lei die Barguest die plaaslike honde in ‘n optog wanneer iemand belangrik op die punt staan om te sterf. Ek veronderstel die enigste mense wat opmerklik is in hierdie verhale is diegene met titels, geld en grond. Dit is onduidelik of die Barguest deur enigiemand behalwe die honde gesien kan word. My eie honde stap gereeld in optog vir een of ander onheil …
Die Barguest is meestal ‘n swart mastiff met vurige oë, horings, slagtande en kloue. Dit word soms gesien as ‘n swart beer, ‘n wit kat, ‘n wit haas – of selfs ‘n koplose mens. Die wit haas klink ‘n bietjie té veel soos die een wat Alice gevolg het, en die kat soos ‘n feetjie kat wat heeltemal ‘n ander fee is.
Volgens Keightley in “The Fairy Mythology” verskyn die Barguest in die vorm van ‘n mastiff-hond en maak mense met sy gille skrik. Ek kan die Barguest so sien. ’n Hond wat skree in plaas van blaf of huil, sal heeltemal skrikwekkend wees.
Sommige seldsame verhale praat oor die Barguest se byt wat nie genees nie; hierdie fee wat nie water kan oorsteek nie; en dat slegs diegene wat gedoem is om binnekort te sterf, sy gehuil kan hoor.
Of dit nou ‘n skreeuende spektrale hond is of een wat lyk soos my lieflike Caitlin wat in haar slaap huil, dit is waarskynlik die beste om weg te bly van hierdie voorloper van die dood.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Barguest
Die Barguest is ‘n swart hond wat gewoonlik soos ‘n Duitse Herdershond met rooierige oë lyk. Maar ‘n spieël kan sy ware aard en voorkoms openbaar: ‘n spektrale wese met vuur vir oë.
Hulle woon in die Onderwêreld, en keer dat siele terug na die wêreld van die lewendes ontsnap. En as siele sou ontsnap, gaan hulle op jag in die menseryk en neem hulle met geweld terug na waar hulle hoort.
Barguests verseker dat alle transaksies wat met wesens uit die Onderwêreld gemaak word, gehandhaaf word. Gewoonlik behels dit om die dwase sterfling veilig te hou.
Hulle is goeie metgeselle en lojaal. Hulle het ‘n sterk pligsbesef.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

