Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Keffende Kreatuur

Episode 217: Werkers van die Dood: Keffende Kreatuur

Alles omtrent die Keffende Kreatuur in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor die Keffende Kreatuur in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Keffende Kreatuur

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Questing Beast, of die Beast Glatisant (Barking Beast), is ‘n wese uit Arthur-legende en die onderwerp van verskeie soeke deur bekende ridders. Ek noem dit die Keffende Kreatuur.

In middeleeuse literatuur verskyn die keffende kreatuur aan ‘n jong koning Arthur ná sy verhouding met Morgause. Sy het geblyk sy halfsuster te wees, hoewel hy dit nie geweet het tydens die bloedskande daad wat gelei het tot Mordred nie (wat natuurlik die koninkryk op die ou end vernietig). Koning Pellinore vertrou dan aan Arthur dat dit sy familie se verantwoordelikheid is om die Keffende Kreatuur te vernietig. Merlin onthul dan dat die Ondier gebore is uit ‘n prinses wat na haar broer begeer het wat nie in haar belanggestel het nie, met ‘n demoon geslaap het wat belowe het sy sal kry wat sy wil hê as sy haar broer van verkragting beskuldig, maar die broer is dan uitmekaar geskeur deur honde, en sy gee dan geboorte aan ‘n monster wat dieselfde geluid maak as die honde wat haar broer uitmekaar geskeur het. Uiteindelik jaag Sir Percival, Sir Palamedes en Sir Galahad die Keffende Kreatuur in ‘n meer en Sir Palamedes maak die Ondier dood. Op hierdie manier is die Keffende Kreatuur se verhaal ‘n simbool van die bloedskande, geweld en chaos wat Arthur se koninkryk vernietig.

Die oorspronklike uitbeelding van die Keffende Kreatuur is dié van ‘n pragtige spierwit wese so groot soos ‘n jakkals. Die geluid wat daaruit kom, was vermoedelik haar kleintjies wat haar van binne uitmekaar skeur. Dit het op ‘n stadium verander na die onwêreldse voorkoms wat so bekend is aan moderne gehore: die kop van ‘n slang, liggaam van ‘n luiperd, hurke van ‘n leeu en die voete van ‘n hert. Sy naam kom van die geluid wat uit sy buik kom, dié van ‘n trop honde wat blaf en gil.

Die Keffende Kreatuur is net stil wanneer hy drink, maar terwyl hy sy ondraaglike dors les, bevuil sy giftige speeksel die water vir almal wat sou volg.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Keffende Kreatuur

Die Keffende Kreatuur het die kop en nek van ‘n rinkhals, liggaam en spoed van ‘n jagluiperd, en die geluid wat van hulle af kom, is nader aan die lag en kreun van gevlekte hiënas as die fabelagtige blaffende honde.

Dit kan sy gif na sy prooi spoeg wat dan sonder genesing deur hulle brand, en die dood volg vinnig. Sy byt is ook dodelik.

Die Keffende Kreatuur verskyn net wanneer dinge uit balans is, hetsy Natuur of Toorkrag. Dit kan nie doodgemaak word nie. Dit is daar om balans terug te bring deur die bron van die wanbalans dood te maak.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *