Yster en Feë in Folklore | The Faeries and Folklore Podcast

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Yster & Feë" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a doorway. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 109: Die Ryk van die Feë: Yster en Feë

Alles omtrent yster en feë, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.

Vandag se onderwerp: Yster en Feë

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Omdat ons weet dat die feë deel van ons wêreld is, maak dit noodsaaklik om te weet hoe om met hulle om te gaan. En hoe om jouself teen hulle te beskerm. ’n Gewilde en effektiewe manier is yster.

Sedert yster in ‘n bruikbare produk verander is, is geglo dat dit die bonatuurlike afstoot. Om ‘n hoefyster aan ‘n deur te spyker, weer bose geeste af. Om ‘n begraafplaas met ‘n ysterheining te omring, hou die spoke binne. Om ‘n ystermes by die ingang van jou huis te begrawe, sal verhoed dat hekse binnekom. Deur ‘n ysterbedraam te gebruik om in te slaap, sal feë weghou. Ysterskêr wat in ‘n wieg gehou word, sal verhoed dat feë die baba steel en dit met ‘n wisselaar vervang.

Koue yster is ‘n poëtiese vorm van yster en in moderne tye word koue staal in die plek daarvan gebruik. Dit is basies ‘n wapen wat uit yster gesmee is wat bloed kan trek.

Yster is dodelik vir feë en verbrand hulle by kontak. Miskien het yster natuurlike anti-magiese eienskappe aangesien dit die vervaag van magie en die opmars van industrialisasie simboliseer. Daar moet kennis geneem word dat “fee” alle bonatuurlike wesens beteken en dat nie alle feë deur yster aangetas word nie, net die meeste.

Van Plinius die Ouderling wat die beskermende eienskappe van yster in 79 nC voorhou tot mense wat vandag hoefysters aan hul deurkosyne vasspyker (toe ons ons huis ‘n bietjie meer as ‘n dekade gelede gekoop het, het dit verskeie hoefysters en ander ysterverdedigings om die ingange vasgespyker gehad), ons weet dat yster soveel meer waarde het as net skrootmetaal.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Yster en Feë

Feë is allergies vir yster. Sommige meer as ander. Yster dreineer hulle van hul toorkrag en dan hul lewenskrag.

Die sterflike ryk ruik na yster. Slegs die mees desperate feë woon nog in die sterflike ryk.

Sommige feë, soos die vorste van die howe en die Assassyn, is immuun teen yster.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van yster en feë na Engels: iron and fae.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

This image shows a decorative horizontal divider featuring an antiqued gold-toned tree enclosed within a circular frame at its center, flanked by stylized vine and leaf flourishes.

Read the full folklore article:

A banner titled "IRON & FAE" in elegant, dark-styled typography set against an antique, gold-textured background. The image shows a first-person perspective of a hand holding a wrought-iron cage containing three small, winged faeries who appear to be reacting with distress. The scene is set in a dark, outdoor environment near a stone fire pit, with an anvil visible in the foreground, aligning with the "dark folkloric" branding. The bottom center features the logo "THE FAERIE MYTHOS," with the signature "Ronel the Mythmaker" in the upper right. Circular wax-seal-style "Folklore Archive" icons are positioned in the top corners.

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.

Listen to this season’s audiobook:

A gothic-style promotional image for "The Faeries & Folklore Audiobook Library." The central composition features a powerful king wearing a crown and holding a scepter, seated upon an ornate throne and flanked by two ethereal fae figures with long, flowing hair and delicate wings. The background showcases a moonlit night, a majestic castle, and flying ravens, all surrounded by intricate gold filigree, glowing stardust, and dark flowers. The text reads: "Season 8: Immortals, the gods, the ancients & the eternal ones of faerie," followed by the author's name, "Ronel Janse van Vuuren," and the credit "Narrated by the author." The overall aesthetic is dark, opulent, and steeped in mythological wonder.

Listen to the full season with no interruptions.

Explore the Audiobook LibraryBrowse the Lore ArchiveDiscover the Faerie Mythos BooksJoin the Mythmaker’s Circle

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

A dark fantasy, gothic-style banner featuring a faerie and branding text on a deep purple background. On the left, a side profile of a young female faerie with pointed ears, long wavy hair, a floral crown, and translucent, vein-textured wings looks down thoughtfully. She stands in a shadowy forest next to a glowing candle lantern resting on stacked vintage books. The right side features a decorative circular emblem with a moth and crescent moon, followed by the text: "RONEL THE MYTHMAKER," "Exploring the folklore behind the magic—and creating new myths along the way," and the website "RONELTHEMYTHMAKER.COM". The entire image is framed by an ornate, vintage border.

Similar Posts