Episode 157: Inleiding tot Water Feë
Inleiding tot water feë.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Inleiding tot Water Feë
Water. Dit is die element van die lewe. Dit is die bron van alle lewe op aarde. Dit is ook ‘n bron van vernietiging.
Water het ‘n lewe van sy eie. ’n Hele wêreld bestaan binne water waarvan landbewoners net kan droom. Verskeie waterryke wat deur meer as net undines regeer word – watergeeste, nimfe en fee van verskillende soorte.
Waar daar ook al water is, is water feë verseker te vinde. Moerasmonsters wat in die dieptes van ‘n dam skuil, watergeeste wat op die kruine van branders ry of op die oppervlak van mere dans, meerminne op rotse wat hul hare kam, robbefeë wat hulself naby die kus son… Die wêreld van die water feë is skynbaar eindeloos soos die see.
Vir die grootste deel word daar gedink dat water feë pragtig en aantreklik vir mense is. Dit is goed gevestig dat hulle met emosies speel. Daar is ‘n algemene wanopvatting dat hulle soet en sag is – dit is, totdat hulle jou verdrink. Byna alle water feë kan hul vorm verander – en diegene wat nie kan nie, kan ‘n betowering so sterk gebruik om mense te laat glo dat hulle het. Alhoewel hulle aan hul waterbron gebind is, het hulle maniere om vrylik deur die wêreld te beweeg deur onderling verbonde waterweë. Die meeste het ‘n groot liefde vir musiek en gebruik dit om mense in te lok. Sommige is in die gewoonte om towergeskenke aan mense te gee, hoewel die meeste meer daarin belangstel om hulle te eet.
Water is die mees gereisde roete in die feë ryk. Die punte waar land en water ontmoet, is deure tussen wêrelde. Dus is eilande, meeroewers, rivieroewers, die rande van putte en strande, plekke waar die sterflike ryk met Feërie kruis. Dit is hoekom mense sedert vir ewig gewaarsku word om nie naby die rande van strome te rus of te slaap nie: hulle kan per ongeluk die feë ryk binnegaan of onder die betowering van die water fëe wat daar woon, val. Om in ‘n getypoel te val, kan wees soos om deur ‘n deur tussen ryke te val…
Daar is soveel water feë, dat ek sommige met soortgelyke eienskappe moes kombineer. Vir die volgende paar maande sal ons kyk na hierdie feë in volkskunde en hoe ek hulle herbedink het vir my skryfwerk.
Onthou dat jy altyd welkom is om vrae te vra – en as jy ’n spesifieke wese in gedagte het, laat weet my!
Kom ons doen hierdie ding.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.