Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Feetjie Honde #podcast #faeries #folklore

Episode 129: Sterkste Spelers van Feërie: Feetjie Honde

Alles omtrent feetjie honde, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor feetjie honde hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.

Vandag se fee: Cù Sìth of Feetjie Honde

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Cù Sìth is ‘n spektrale hond wat in die Berglande van Skotland voorkom. Dit is soortgelyk aan die Ierse Cù Sìdhe en die Walliese Cŵn Annwn. Hierdie feetjie honde is die grootte van ‘n groot kalf met die voorkoms van ‘n wolf en het donkergroen, ruige pelse (anders as die meeste ander spektrale honde wat swart, wit of rooi is). Hul lang sterte is óf gekrul óf gevleg, en hul pote is so groot soos ‘n man se hand.

Cù Sìth beteken “feehond” en dus is die groen van hul pelse net nóg ‘n verband met die feë (groen is tradisioneel die kleur van die feë).

Daar word vermoed dat die Cù Sìth in die rotse in die Berglande woon en in die heide en berge rondloop. Dit is gevaarlik om hierdie stille jagter te ontmoet en nóg erger om sy blaf te hoor: Die Cù Sìth laat drie harde blawwe uitkom wat kilometers lank in die rondte gehoor kan word en as jy nog rond is wanneer die derde blaf klink, gaan jy dood van skrik. In daardie opsig tree hierdie feehond baie op soos die Banshee wat die dood aankondig, of selfs as die Dood self siele vir die Anderkant versamel.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Feetjie Honde

“Cù Sìth” is soms uitruilbaar met “Feetjie Hond”.

Die Cù Sìth is ‘n Feetjie Hond in die Skotse mitologie wat gewoonlik in die vorm van ‘n groot swart-en-bruin hond (Rottweiler) is.

Hulle het amberkleurige oë wat helder brand terwyl hulle toor.

Hulle beskerm dié van die Mis – mense met magiese vermoëns wat belangrik is vir die Feëvorste en kinders van albei wêrelde (half Feë en half sterfling).

Hulle gebruik Verstandpraat (‘n vorm van telepatie) om te kommunikeer en almal van hulle praat sonder kontraksies – behalwe hedendaagse Saphira (en diegene wat skelm geword het).

Die Cù Sìth is die kragtigste van alle Feë. Hulle beheer die struktuur van tyd en ruimte. Hulle skep die Feetjie Sirkels wat die kragtigste en akkuraatste van alle magiese teleportasie is. Hulle kan enige plek in Tyd gaan om iemand se lewe reg te stel of in te meng.

Wanneer die Cù Sìth iemand beskerm, weet almal wat van hulle weet dat die persoon wat beskerm word, iets besonders is.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van feetjie honde na Engels: Cù Sìth/Faery Dog 

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *