Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Tandefeë #podcast #faeries #folklore

Episode 92: Klein, Alledaagse Feë: Tandefeë

Alles omtrent die tandefeë, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2023 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor tandefeë hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Tandefeë

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Wikings het kinders vir hul melktande betaal en geglo dat dit geluk en beskerming tydens gevegte sou bring. Hierdie tradisie van ‘n tandfooi is in die Eddas opgeteken en het deur die geskiedenis voortgeduur. In sommige lande, soos Suid-Afrika, is daar ‘n tandmuis wat die melktande wat uitgeval het bymekaarmaak en ‘n beloning agterlaat. In ander lande kom haal die tandefee die tande. Kinders weet om die gevalle tand onder hul kussing (of in hul pantoffel) te los en die fee sal dit kom haal en ‘n beloning los.

Maar tussen Wikings wat vir tande betaal en muise en feetjies wat dieselfde doen, het bygelowe gemaak dat kinders hul melktande verbrand voordat hekse dit in die hande kon kry en sodoende mag oor hulle kon hê of om te verseker dat hulle nie swaarkry in die hiernamaals het nie.

Die tandefee kan in baie vorme voorkom. Gewoonlik vroulik, gewoonlik met ‘n pofferige rok en ‘n towerstaf, met glinsterende vlerke en ‘n goedaardige glimlag. Maar sommige sien die tandefee as ‘n moederlike figuur. Ander sien dit as manlik.

Maak nie saak hoe jy die tandefee sien nie – as ’n swartgeklede ninja of as Dwayne Johnson van die “Tooth Fairy” fliek – hierdie feetjie help kinders om die verandering en verlies van tande te verwerk en om hulle begrip van tandeversorging te bring.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Tandefeë

Hulle is net soveel afhanklik van die melktande van mensekinders as wat die kinders hul toorkrag nodig het om die groei van hul tande te verseker.

Tandefeë kan nie hul eie uitrustings kies nie: hulle dra net wat die tandefeeprinses wil hê hulle moet.

Hulle kan tussen dimensies beweeg en verkies om dit te doen wanneer die mure tussen Ryke dun is.

Hulle is veral sensitief vir yster.

Hulle werk met die tandmuise wat immuun is teen yster, alhoewel daar nie soveel muise soos feë is nie.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van tandefeë na Engels: Tooth Faeries.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *