Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Elementefeë #podcast #faeries #folklore

Episode 99: Klein, Alledaagse Feë: Elementefeë

Alles omtrent elementefeë, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor elementefeë hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Elementefeë

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Tydens die Europese Renaissance het die mitiese wese bekend as ‘n elemental in okkultiese en alchemistiese kringe bekend geword. Paracelsus, bekende Switserse alchemis, het hieroor uitgebrei en vier kategorieë elementale het bekend geword: kabouters, silfies, salamanders en undines. Hierdie kategorieë het ooreengestem met die elemente van die oudheid: aarde (grond), lug, vuur en water. Volgens Paracelsus kan elkeen van die elemente net so maklik deur hul eie element beweeg as wat mense deur lug beweeg.

Eliphas Levi, produktiewe skrywer van boeke oor toorkrag, Kabbala, alchemiese studies en okkultisme, het die soewereine van elk van hierdie elemente groepe genoem: Necksa van die Undines, Gob van die Kabouters, Paralda van die Silfies en Diju van die Salamanders. En omdat hy kon, het hy hulle koninkryke aan hulle toegewys: undines in die weste, silfies na die ooste, salamanders in die suide en kabouters in die noorde.

Robert Kirk het beskryf dat hulle ligte, veranderlike liggame het. Maar as jy verkies dat hulle eerder mooi en gevaarlik moet wees, is dit ook goed.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Elementefeë

Hulle is klein feë in beheer van die vier elemente: vuur, lug, water, grond.

Elemente feë het ligte, veranderlike liggame, soos gekondenseerde wolk, en word die beste by skemer gesien – net soos Robert Kirk hulle beskryf het. Hulle beweeg so maklik deur hul elemente as mense deur lug.

Salamanders van vuur. Silfies van lug. Undines van water. Kabouters van die aarde (grond).

Elke faksie het sy eie heerser. Diju van die Salamanders. Paralda van die Silfies. Necksa van die Undines. Gob van die Kabouters.

Hulle woon almal in Avenir Laagte, wat hulle met die seisoen feë deel. Hul koninkryke: Salamanders na die Suide, Silfies na die Ooste, Undines na die Weste, en Kabouters in die Noorde.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van elementefeë na Engels: elementals.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *