Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Water Nimf

Episode 169: Water Feë: Water Nimf

Alles omtrent water nimfe in volkskunde, in my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor water nimfe in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Waternimf

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die najades van die Griekse mitologie was die nimfe van vloeiende water: spruite, fonteine, riviere en mere. Hierdie varswaternimfe is gesien as pragtig, lighartig en meestal goedaardig. Soos alle nimfe, het hulle baie lank gelewe, maar was nie werklik onsterflik nie.

Die rusalki, enkelvoud rusalka, van Slawiese mitologie was die rustelose geeste van kinders wat ongedoop gesterf het en van maagde wat verdrink het. Hulle het verskillende persoonlikhede gekry, afhangende van die streek. Om die Donaurivier was hulle pragtige meisies geklee in misgewade, wat liedjies gesing het en verbygangers betower het. In Noord-Rusland was hulle lelik, naak en boos, en het gretig gewag om mense te oorval. Alle rusalki was daarop uit om mans te lok: óf om hulle te bekoor óf te martel.

Lorelei is die Duitse legende van ‘n pragtige jong vrou wat haarself oor ‘n ontroue minnaar in die Rynrivier gegooi en in ‘n sirene verander is. Sy word geassosieer met ‘n groot rots wat op die oewer van die Rynrivier staan wat ‘n eggo gee. Daar word gesê dat Lorelei vissers tot vernietiging lok.

Die nacken is ‘n watergees uit Skandinawiese volkskunde. Hy is ‘n skraps geklede man wat so mooi viool speel, dit lok vroue en kinders na die water waar hulle verdrink word.

Aangesien nie een van hierdie nimfe sterflik is nie, is hulle nog nooit deur die moraliteit van mense beperk nie en het hulle dus die vryheid gehad om seksueel aggressief en promisku te wees sonder gevolge. Maar as jy na hul veronderstelde oorsprongstories kyk, kan ‘n mens redeneer dat hulle ook wraak neem na ‘n heel nuwe vlak. Hel het geen furie soos ‘n vrou wat geminag word nie…

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Waternimf

Waternimfe kan manlik of vroulik wees. Hulle is aantreklik vir hul prooi: mense. Maar wanneer hulle in hul natuurlike habitat is, kan hulle op enige manier verskyn wat hulle wil. Hulle leef in al die varswater van die aarde. Hulle kan van een bron van water na die volgende reis deur die spesiale waterweë te gebruik wat alle water verbind.

Nuuskierige wesens, geniet hulle dit om te sien hoe mense met hul daaglikse lewens voortgaan. Soos die meeste water feë, geniet hulle egter die smaak van menslike vleis. Hulle neem ook by geleentheid mense minnaars, net soos Griekse mites sê.

Waternimfe is buitengewone musikante en is gesog om by die meeste feë byeenkomste op te tree.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van waternimf na Engels: water nymph.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.