Episode 105: Klein, Alledaagse Feë: Dwaallig
Alles omtrent dwaalligte, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor dwaalligte hier.
Kry die transkripsie hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.
Vandag se fee: Dwaallig
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Die meeste fee met vurige voorkoms en ‘n neiging om nagreisigers om die bos te lei, word gekategoriseer as dwaalligte en daarom is daar soveel verskillende name vir iets wat lyk asof dit dieselfde wese is.
Die meeste van die tyd lyk dit of die dwaallig iemand is wat die persoon wat hulle op ‘n dwaalweg lei, ken, wat ‘n fakkel of lamp van die een of ander vurige soort dra. Op ander tye is die dwaallig ‘n drywende bal van blou vlam, wat vermoedelik die siele van oorledenes is.
Om die lig te volg, sal jou verdwaal en, in die ergste geval, jou in lewensgevaar laat beland.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Dwaallig
So groot soos ‘n menslike duim, blou vuurfeetjies met ononderskeibare kenmerke. Tjirp en kraak om te kommunikeer. Kan alle taal verstaan en kan hulself verstaanbaar maak deur betowering te gebruik.
Ondeund. Gehoorsaam boomnimfe. Hou daarvan om moeilikheid te maak en te kyk wat gebeur. Floreer op onenigheid.
Alleenloper feë – geen getrouheid aan enige Hof nie. Hou daarvan om in die sterflike ryk te leef. Kan gevind word in Avalon, die Donker Lande, Eiland van die Saliges, die Wilde Woud en selfs die Tussen-in (so oral in Feërie).
Kan nie vertrou word nie. Hulle doen net wat hulle wil en kom geen beloftes na nie – behalwe aan die Boomnimfe. (So as ‘n boomnimf hulle opdrag gegee het om jou na veiligheid te lei, kan jy volg.)
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van dwaallig na Engels: will-o’-the-wisp..
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.
No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.