Episode 219: Werkers van die Dood: Davy Jones
Alles omtrent Davy Jones in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Davy Jones in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Oorsprong van die Feë reeks: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/originofthefaeseries/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.
Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.
Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood.
Vandag se fee: Davy Jones
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Dit blyk dat Davy Jones die meer moderne weergawe van die antieke Skotse seegod Shoney is. Albei hou hul gevangenes verdrink in die kelders van die see.
Shoney het egter sekere dinge verwag van diegene wat dit gewaag het om op die see te gaan. Sommige moes hom een keer per jaar bier aanbied, gewoonlik op Samhain, om seker te maak die vis kon gevang word en dat seewier op die strand sou uitspoel. En natuurlik was daar die menslike opofferings waarvan hy gehou het: van jaarlikse opofferings waar elke skip ‘n bemanningslid keel afsny voordat dié oorboord gegooi is, tot skeepsbouers wat ‘n man vasgemaak het aan die bodem van die stompe wat gebruik word om ‘n nuwe skip te lanseer, dit was ‘n bloedige affêre.
Dit lyk asof Davy Jones net verwag dat mense nie gered sal word wanneer hulle oorboord val nie, want hy het ‘n kwota verdrinkte siele wat hy vir sy sluitkassie moet insamel.
Met enige name is hierdie fee gebind aan die see en die dood.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Davy Jones
Eens bekend as die Keltiese seegod Shoney, het Davy Jones beweeg van net om diegene op die see te terroriseer na waar hy ook al nodig is. Davy Jones en sy geraamtebemanning wat die Vlieënde Hollander beman bring morele oordeel oor sterflinge sowel as halffeë soos hulle swerf deur die sterflike ryk, en bring waansin, wanhoop en dood aan diegene wat dit verdien deur hul oneerlike, wrede of kriminele dade. Hy lyk gewoonlik soos ‘n bebaarde seekaptein uit die sewentiende eeu, maar kan voorkom soos hy wil. Sy slagoffers gaan na ‘n deel van die Anderwêreld wat beheer word deur waterfee wat spesialiseer in die marteling van siele.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

