The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Domovoi #podcast #faeries #folklore

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Domovoi" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a mushroom. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 103: Klein, Alledaagse Feë: Domovoi

Alles omtrent domovoi en hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor domovoi hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Domovoi

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Soos met ander huisgeeste, is die Domovoi ‘n buierige lot. Enige mishandeling aan die kant van die inwoners van die huis sal daartoe lei dat die Domovoi ongeluk bring vir almal wat daar woon. Behandel hulle egter goed, en hulle sal seker maak dat jou huis geseën is.

Die Domovoi is verbind met die drumpel en die vuurherd: eens op ‘n tyd was die twee dinge op dieselfde plek toe mense in grotte gewoon het, en die Domovoi het nog nooit sy wortels verloor nie.

Soos met die meeste huisgeeste, word die Domovoi selde gesien. Maar diegene wat het, het gesê dat die Domovoi oraloor met sagte hare bedek is. Domovoi word egter gehoor met hul raspende stemme en somber gekerm wat die huis spook.

Domovoi, soos die meeste feë, hou van offers van brood en melk.

Hulle is beskermers van die huis, en hulle is ook orakels. Om vlamme te blus, sigbaar te word, ‘n koue aanraking – dit is alles tekens van ongeluk. ‘n Sagte aanraking deur sy onsigbare hand is egter ‘n teken van komende geluk.

Die punt is: maak seker jou Domovoi bly onsigbaar, goed gevoed en gelukkig of dit sal jou huis afbrand.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Domovoi

Die Domovoi is onsigbare dienaars. Hulle maak nie skoon of kook nie, maar hulle sorg wel vir die diere van watter woning hulle ook al as hul huis geëis het. Hulle woon selfs saam met mense. Die belangrikste is dat hulle die huis teen indringers beskerm – hetsy bonatuurlik of menslik.

Hulle tree op as ‘n soort orakel: as die Domovoi sigbaar word, voorspel dit van naderende katastrofe. As hulle kerse (ligte) uitdoof, is moeilikheid op hande.

As mens die Domovoi sien, het hulle horinkies, sterte en lang, grys baarde. Hulle is brandmaer en dra grys pakke (hulle tree baie soos hoofknegte op; die pakke pas by die era waarin hulle leef).

Domovoi is geduldig, met hoë verdraagsaamheid vir verwaarlosing.

Hulle eet net brood en melk.

As hulle nie gereeld gevoer word en by geleentheid die nodige respek kry nie, word hulle wild en dan val hulle aan: die inwoners van die woning wat hulle beskerm, gewoonlik deur te knyp of nóg erger; die diere op die erf, meestal deur hulle bang te maak en weg te jaag; en selfs die land self, deur plante te laat verdor en doodgaan. Jy kan agterkom dat hulle wild geword het voordat hulle aanval: hulle het ‘n nare grynslag en hul oë is rooi. Hoe langer die probleem onbehandel gelaat word (voed hulle en vertel hulle hoe wonderlik hulle is), hoe meer kwaadwillig word hulle totdat hulle deur ander feë verwyder moet word.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts