Yumboes in Folklore | The Faeries and Folklore Podcast

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Yumboes" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a tree. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 227: Alleenloper Feë: Yumboes

Alles omtrent Yumboes in volkskunde en hoe ek dit in my skryfwerk gebruik.

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my Donker Hof Susters Reeks. Beskikbaar in eBoek en Luisterboek. Drie susters. Drie voorbestemmings. Drie maniere om die wêreld te verwoes. Gaan na ronelthemythmaker.com/donkerhofsusters om meer te leer.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van Alleenloper Feë. 

Vandag se fee:Yumboes

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Yumboes, wat in Wes-Afrika ontstaan het, lyk baie soos Europese feë. Hulle staan ook bekend as Bakhna Rakhna wat “goeie mense” beteken, wat nog ‘n eufemisme is wat in die meeste lande vir die feë gebruik word.

Yumboes is glo die geeste van die dooies. Hulle is pêrelwit van kleur – net soos die meeste bonatuurlike wesens in Afrika – met silwer hare. Hulle is nie baie lank nie en woon onder heuwels. Op maanverligte nagte kom hulle uit om te dans. Hulle smul aan lang tafels vol kos – hoofsaaklik vis wat hulle self gevang het en mielies wat van mense gesteel is. Hulle word by hierdie feeste bedien deur onsigbare bediendes en hulle nooi mense om saam met hulle te eet.

Ons weet egter almal dat dit ‘n slegte idee is om saam met fee te eet – jy behoort dalk vir altyd aan hulle.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Yumboes

Hulle is klein, met doodsbleek vel en silwer hare. Hulle lyk soet en vriendelik.

Hulle is versot op kos.

Hulle gee nie om om uitgebreide feeste op lang tafels wat behoorlik met silwer en fyn porselein gedek is in die middel van woude uit te sit nie. Hulle deel selfs hul etes met reisigers. Veral maaltye van pruimwyn, vis en mielies.

Hulle het onsigbare bediendes – dit is gaste wat hul verwelkoming oorgebly het en nou stilweg aan hulle verslaaf is.

Wees dus gewaarsku: moenie saam met feë eet nie, anders behoort jy aan hulle.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

This image shows a decorative horizontal divider featuring an antiqued gold-toned tree enclosed within a circular frame at its center, flanked by stylized vine and leaf flourishes.

Read the full folklore article:

"A digital illustration for 'The Faerie Mythos' featuring a group of small, pale, elven-like Yumboes with long hair, dressed in simple light tunics. They are gathered on a stone cliff overlooking a misty sea at sunset. Some Yumboes play musical instruments like drums and xylophones, two are dancing in the center, and others sit at a rustic table sharing a meal. The bottom of the image features a tan parchment-style banner with the text 'YUMBOES' in black, flanked by circular seals."

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.

Listen to this season’s audiobook:

Dark fantasy digital art featuring an elven woman with long, dark hair adorned with small flowers and glowing star-like lights, standing in a magical forest at night under a full moon. Intricate golden filigree and glowing blue wildflowers frame the scene, alongside bioluminescent mushrooms on the forest floor. Gold typographic text reads "SEISOEN 6: ALLEENLOPER FEË" with subtitle text "EENSPAAIER GEESTE, ONHEILSTIGTERS EN DIE ONAFHANKLIKES VAN FEËRIE" and author name "RONEL JANSE VAN VUUREN" with "VOORGELEES DEUR DIE AUTEUR" below.

Listen to the full season with no interruptions.

Explore the Audiobook LibraryBrowse the Lore ArchiveDiscover the Faerie Mythos BooksJoin the Mythmaker’s Circle

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

A dark fantasy, gothic-style banner featuring a faerie and branding text on a deep purple background. On the left, a side profile of a young female faerie with pointed ears, long wavy hair, a floral crown, and translucent, vein-textured wings looks down thoughtfully. She stands in a shadowy forest next to a glowing candle lantern resting on stacked vintage books. The right side features a decorative circular emblem with a moth and crescent moon, followed by the text: "RONEL THE MYTHMAKER," "Exploring the folklore behind the magic—and creating new myths along the way," and the website "RONELTHEMYTHMAKER.COM". The entire image is framed by an ornate, vintage border.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *