Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Grim

Episode 201: Werkers van die Dood: Grim

Alles omtrent Grim in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Grims in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Grim

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die “Church Grim” of “Kirk Grim” kom uit ‘n volksherinnering van opoffering toe swart honde lewendig in ‘n begrafplaas begrawe is om die grond te heilig en oor die res van die dooies te waak.

As die bewaker van ou begrafplase, verskyn die “Church Grim” in die vorm van ‘n swart hond en beskerm die dooies teen onheilspellende bonatuurlike wesens. Hierdie hond word dikwels op stormagtige nagte gesien en is ‘n voorloper van die dood.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Grim

Die Grim is ‘n swart hond wat baie soos ‘n wolf lyk. Dit het bruin merke op sy bene, baie soos dié van ‘n feetjie hond. Hulle kan skaduwees word om onsigbaar te bly vir sterflike oë.

Hulle woon in die Anderwêreld en bewaak die Berwaarder van die Sluier tussen wêrelde. Hulle werk is om seker te maak dat alle feestelikhede wat met die sterflike wêreld en hulle s’n te doen het, glad verloop (Samhain, Sonstilstand, ens.). Soms moet hulle feetjie diere, magiese mere en ander dinge jag wat hul Meesteres bedreig of die feestelikhede wat hulle beskerm. Hulle jag ook soms ontsnapte geeste van die dooies.

Jy weet jy is naby die Sluier as jy ‘n Grim gewaar.

Soos alle swart honde, is hulle vurige beskermers en lojaal.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.