Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Towerweë #podcast #faeries #folklore

Episode 125: Die Ryk van die Feë: Towerweë

Alles omtrent towerweë, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Towerweë hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.

Vandag se onderwerp: Towerweë en Ingange tot Feërie

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die meeste van die tyd word portale wat na die onheilspellende, selde besoekte en gesogte versteekte plekke lei, “towerweë” genoem. Slegs ‘n paar elite weet selfs van hul ligging, wat hulle jaloers bewaak, terwyl sommige op hulle kan struikel wanneer die sterre in lyn is.

Die waarheid is dat die fee net regtig in Feërie woon. Die plekke in ons wêreld waar ons met hulle kan kommunikeer, is slegs te danke aan die Skeuring wat dele van Feërie laat afbreek en in ons ryk beland het – hierdie plekke dien as portale tussen Feërie en die menseryk.

In Wallis is feetjie kringe redelik algemeen. Daar word geglo dat dit deur die feë geskep word terwyl hulle dans. Mense en meeste diere vermy dit, maar skape het geen probleem daarmee nie en sal met graagte die vertrapte gras eet. Die meeste feetjie kringe bestaan nie net uit vertrapte gras nie, maar ook omring deur sampioene, wat ‘n mooi rand vorm. En al is daar wetenskaplike redes vir sommige sampioene om so te groei en in ‘n volledige sirkel te versprei, is daar geen wetenskaplike verduideliking vir die persoon wat in die ring instap wat na Feërie vervoer word of freneties dans totdat uitputting of dood hulle neem nie.

Alhoewel daar nie baie feetjie kringe in Ierland is nie, het dit wel talle ander portale: heuwels, meidoornbome, grotte, putte en ander heilige plekke.

As ‘n mens nie Feërie toe wil gaan nie, is dit die beste om nuuskierigheid onder beheer te hou.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Towerweë en Ingange tot Feërie

Die Tussen-in

Die Tussen-in is ‘n skaduwêreld, ‘n tronk.

Slegs magtige Feë kan maklik tussen dit en die ander ryke beweeg (slegs die feëkoningin, die Donker Koning en die Assassyn kan dit bereik – selfs Ankou bly weg, maar net omdat die dood nie daar bestaan nie). Ander benodig spesiale bestanddele wat teen ‘n prys kom: die eerste vuur wat deur Drake aan mense gegee is – Ewige Vlam; water uit ‘n heilige fontein wat in ‘n spesiale kristalkelk gedra word; hout uit die hart van ‘n eikeboom – net ‘n boomnimf se boom sal werk.

The Tussen-in neem die lewensessensie van diegene wat daar vasgevang is, alhoewel dit hulle nie doodmaak nie. Dit vernietig hul liggaam en siel.

Diegene wat magtig is – of in groot nood – kan met iemand na aan hulle aan die buitekant kommunikeer. Maar dit verg selfs meer van hul lewensessensie om dit te doen. Die Tussen-in is ‘n wrede plek.

Feë – gelei deur die feetjie katte – moet lig neem na die Tussen-in om balans tussen duisternis en lig te behou of al die Ryke sal val na die alles verterende duisternis van die Tussen-in.

Die Wilde Woud

Die Wilde Woud is gevorm na die Skeuring wat Feërie in stukke geskeur het.

Dit is ‘n plek nie in die Sterflike Ryk of Feërie nie, maar tog is dit gevul met toorkrag en wonder. Wilde Feë woon daar – hulle het oor tyd verander op maniere wat ander Feë nie verander het nie.

Dit is die maklikste manier om tussen ryke te reis – maar dit is uiters gevaarlik. Wilde toorkrag loop deur die Wilde Woud. Maar as jy ‘n bos bome kan kry wat by die Wilde woud aansluit, kan jy veilig reis na waar jy moet gaan – veral as dit te gevaarlik is om in die oopte te reis.

Feetjie Kringe

Die enigste veilige kringe om te gebruik is dié met wit blomme, wit klippe en wit sampioene. Hierdie kringe sal jou veilig neem na waar hulle ook al eindig. Pare feetjie kringe werk saam en skep ‘n portaal van een plek na ‘n ander.

Die gras binne ‘n feetjie kring sal altyd anders wees as die gras buite die kring – iets te doen met hul portaalkwaliteit en waarheen hulle lei.

Wimpel-feetjie kringe is tegnies feetjie kringe, maar hulle het nie klippe nie en het altyd tulpe tussen die sampioene. Hierdie kringe moet nie vertrou word nie: wimpel-feetjies hou van poetse.

Moet nooit die sampioene van ‘n feetjie kring vernietig nie, want dit sal groot tragedie vir jou veroorsaak. As ‘n feetjie kring uitmekaar gehaal moet word voordat dit klaargemaak kan word (die sampioene spruit eerste), verwyder die sampioene versigtig sonder om dit te breek, sit dit in ‘n plastieksak, verseël die sak en gooi weg in die vullis – dit sal iewers beland veilig vir die feë om ‘n nuwe kring te skep.

Feetjie Sirkels

Hul enigste kenmerkende eienskap: ‘n ander grassoort wat in ‘n sirkel groei binne ‘n ander soort gras. Soms is dit duidelik: kikuyu wat in veldgras groei. Maar die ware feetjie sirkel, die een wat deur die feetjie honde geskep is, het gewoonlik ‘n soort lelie in die sirkel wat steeds soos gras lyk om die oog te flous.

Feetjie sirkles kan jou neem waarheen jy ook al wil gaan en het nie nog ‘n feetjie sirkel nodig om jou veilig by jou bestemming af te lewer nie. Feetjie sirkels is skaars – die feetjie honde glo nie daaraan om groot krag toeganklik te maak vir net enigiemand nie.

‘n Dooie feetjie sirkel sal niks binne laat groei nie: dit sal ‘n sirkel van dorre grond wees omring deur gras. Dit kan verskeie dinge beteken, maar gewoonlik beteken dit dat al die toorkrag in die area uitgeput is deur ‘n groot geveg. Of dat die feetjie hond wat dit geskep het, dood is en die laaste van hul bloedlyn was.

Towerweë

Net vir die oomblik. Geskep deur menslike toorkrag-gebruikers (towenaars, hekse, druïde, ens.). Iets sterks moet gekanaliseer word om hierdie portale te skep: staande klippe, meteoroïede, die volmaan, die bloed, bene en skubbe van drake, ens.

Grotte en Tonnels

Danksy dwerge kan wat binne die aarde gebeur in óf Feërie óf die sterflike ryk wees. Grotte en tonnels kan enige plek lei … selfs gevaarlike plekke waarheen niemand ooit moet gaan nie.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Towerweë na Engels: Magic Portals

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *