Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Inleiding tot Werkers van die Dood

Episode 195: Inleiding tot Werkers van die Dood

Inleiding tot die nuwe seisoen oor Werkers van die Dood.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Vandag se Onderwerp: Inleiding tot Werkers van die Dood

Ons het al vir Ankou, die Koning van die Dooies, en ‘n paar waterfeë ontmoet wat ook werkers van die dood is – soos Sirenes en Meervroue.

Nou moet ons kyk na ander werkers van dood en doodsfeë.

Gedurende hierdie seisoen sal ons kyk na verskeie wesens van legende, feë en konsepte van dood. Beginende met:

Hoe dit alles saambind: Die Doodsfeë

Jy weet wat my geïnspireer het om oor Ankou te skryf, om hom die Koning van die Dooies te maak. Jy kan altyd weer na die vroeëre episode oor hom luister om mooi te onthou. Kom ons kyk nou hoe dit alles in my wêreld werk. (In volgorde van belangrikheid en rang.)

1. Ankou = in beheer van al die dooies.

2. Bewaarder van die Sluier = hou die ryke apart, in beheer van al die Werkers van die Dood (almal anders op hierdie lys).

3. Dagda = in beheer van die hou van siele in die Onderwêreld.

4. Doodsnimfe = oordeel wie moet lewe en wie moet sterf.

5. Meervroue = hou siele totdat hulle na die Onderwêreld gaan.

6. Sirenes = begelei die siele van hul slagoffers na die Onderwêreld.

7. Swart honde = jag siele wat buite die Onderwêreld ronddwaal en neem hulle terug na waar hulle hoort.

8. Furieë en Walkures = begelei siele na hul plek in die Onderwêreld, hou hulle om te veg aan die einde van die tyd.

9. Dullahans = begelei siele na die Onderwêreld.

10. Banshees, Aspis, Keffende Kreatuur en ander = veroorsaak dood aan diegene wat vir die dood gemerk is.

Pret, nè?

Doodsfeë meng natuurlik net so graag met mense soos enige ander feë, so halflinge bestaan.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.