Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Feërie #podcast #faeries #folklore

Episode 127: Die Ryk van die Feë: Feërie

Alles omtrent Feërie, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Feërie hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.

Vandag se onderwerp: Feërie

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Feërie is die tuiste van die feë. Dit is bekend onder verskillende name. Gewildes is: Feetjieland, Elfland, Avalon, Feëkoninkryk, Tír n nÓg, Faylinn, Eiland van die Saliges, Mag Mell en Annwn.

In die meeste volkskunde word Feërie deur ‘n koningin regeer. Sy sal almal wat aan haar ongehoorsaam is, verban. Die meeste volkskunde het dit ook dat Feërie ondergronds is. Daar word gewoonlik na hierdie ondergrondse wonings verwys as fee-heuwels aangesien hulle verbind is met die voorvaders en hul steenhoop (grafte) en die feë word soms gesien as die voorvaders van die Iere.

Indien nie in hol heuwels nie, word Feërie gesien as eilande oor die see of selfs onderwaterpaleise. In sommige gevalle is dit die vreemde weide in die woud. Feërie, net soos sy inwoners, verskyn in verskillende vorms.

Die Noorse Alfheim, elfland, word geassosieer met die land van die dooies en is ook die tuiste van elwe.

Alle volkskunde oor die feë het sekere verwagtinge van Feërie: mense word selde genooi, maar word soms mislei of ontvoer om Feërie toe te gaan. En min maak ooit die reis terug huis toe. Tyd is altyd anders as in die sterflike ryk, en mense word slegs vrygelaat wanneer hulle ‘n waardevolle diens aan die feë lewer. Alhoewel met die tydkwessie, is dit moontlik dat jare kan verloop en dat hulle geen werklike tuiste het om na terug te keer nie.

Feërie word altyd beskryf as ongeëwenaard in skoonheid en altyd gevul met musiek en dans. En al is hulle kos die lekkerste wat ‘n sterfling ooit kan proe, as ‘n mens feëkos eet, sal jy nooit mensekos kan inkry nie en sal jy dus óf ‘n slaaf vir die feë wees óf van hongerte sterf.

Rossetti se “Goblin Market” is verreweg my gunsteling weergawe van Feërie en die feë. Dit is heeltemal te lank om in hierdie kort episode te lees, maar jy kan dit op my blog gaan lees. Die skakel is in die vertoningsnotas.

Nadat jy Rossetti se “Goblin Market” gelees het, kan jy jouself afvra: hoekom mors mense weg, smag na dinge wat hulle nog net in hul drome gesien het?

Wel, ek sal daardie een antwoord: het jy die beskrywing van Feërie in Die Twaalf Dansende Prinsesse deur die Grimm broers gelees?

“…hulle bevind hulle in ’n manjifieke bomelaan waar al die blare van silwer gemaak is, blink en skitterend.”

“Toe kom hulle by ‘n laan van bome waar al die blare van goud was, en toe by ‘n derde waar hulle van suiwer diamant was …”

“…aan die ander kant van die water het daar ‘n pragtige, helder verligte kasteel gestaan wat weergalm met die vrolike musiek van tromme en trompette.”

Presies.

Feetjies bied graag geskenke aan. Jy ken die verhaal van Repelsteeltjie deur die Grimm broers.

“Toe die meisie alleen was, het die mannetjie vir ‘n derde keer gekom en gesê: ‘Wat sal jy my gee as ek weer hierdie strooi spin?’

“Ek het niks meer om te gee nie,” antwoord die meisie.

‘Belowe my dan jou eerste kind as jy koningin word.’”

So jy weet dat daar altyd ‘n prys is om te betaal. Selfs een wat jy nooit gedink het jy sou nie…

Feërie is ‘n plek van beloftes en van misleiding, van hoop en van wanhoop, en ten spyte van sy toorkrag – baie soos die sterflike ryk.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Feërie

Voor die Skeuring (‘n millennium of wat gelede), was Feërie een, heel.

Nou is daar die Helder Ryk (Avalon), Grenslande binne die mensewêreld (alhoewel mense slim genoeg is om weg te bly van wat aan die feë behoort) waar Alleenloper Feë teen ‘n prys woon (‘n Syns word elke sewe jaar aan óf die Feëkoningin óf aan die Donker Koning), die Donker Ryk met die Donker Koning se kasteel in die middel van dit alles, die Wilde woud wat alles verbind en waar toorkrag onvoorspelbaar is, en die See van Onenigheid wat alle ryke verdeel.

Alhoewel Feetjie Sirkels en Feetjie Kringe redelik in staat is om die gebruiker te neem na waarheen hulle binne die ryke wil gaan, gebruik sommige steeds die ou gedeeltes tussen ryke (alhoewel slegs die dwase of desperate dit doen). Die ou gange is voor die Skeuring geskep en is nie meer onbewoon of betroubaar nie.

Balans bestaan nie meer in Feërie nie. Na die Skeuring temper die lig nie meer die duisternis in die Donker Feë nie en die Helder Feë waardeer nie meer die lig nie, want daar is geen duisternis in hul wêreld nie (hulle besef nie meer wanneer hulle wreed of gevoelloos is nie).

Sommige feë het na towerkragryke dele van die menseryk ontsnap – plekke wat deur Feërie tydens die Skeuring geraak is – en daar tuistes gemaak. Gewoonlik is hierdie woning vermom as ‘n klein heuwel of iets oninteressant en bes vermy word (soos ‘n grafheuwel).

Alhoewel verstrooi, word alle feë steeds deur die Feëkoningin en die Donker Koning regeer. Of dit nou is deur die hof se werk buite die magsetel te doen (Helder Ryk/Donker Ryk) of deur ‘n syns te betaal vir hofvoorregte (soos om op hofgrond te woon, onder die beskerming van daardie hof).

Die feë wat kies om niks met die howe te doen te hê nie, het ‘n harde lewe. Hulle woon óf in die ongetemde wildernis (die Wilde woud of die See van Onenigheid) en word mal, óf op Hofland as prooi, óf in die menseryk, afgesny van hul toorkrag. (Slegs die twee feëvorste, die Assassyn, the Koning of die Dooies en Feetjie Honde kan die Mis beveel. Almal anders moet betowering uit die Mis trek en berg vir hul eie gebruik – en hulle kan dit net doen op plekke waar toorkuns sterk is.)

Tyd loop anders in Feërie as in die menseryk. Ure kan daar weke in die mensewêreld wees.

Mense moet nie kos van Feë eet nie: sodra hulle dit doen, behoort hulle aan die Feë. Slegs die een wat die kos aangebied het, kan die towery verbreek. En gewoonlik doen hulle nie: Feë is lief vir sterflike speelgoed. Feetjiekos hou ook ‘n betowering in wat kos uit die menseryk vir mense onsmaaklik maak, wat ‘n verslawing aan feetjiekos veroorsaak. (Jy is gewaarsku: moenie lekkers/vrugte/koeke/drankies of enigiets anders neem wat ‘n vreemdeling jou aanbied nie.)

Om ooreenkomste met die inwoners van Feërie te maak, lei altyd tot moeilikheid. Repelsteeltjie is nie die enigste Fee wat skuld invorder nie, hy is net die mees berugte.

Feërie verander om die wil van die Feëkoningin te pas. Haar krag is die sterkste in Avalon.

Die Donker Koning verkies om met persepsie en lig/donker (beligting of gebrek daaraan) om hom te speel.

Om die land van die Feë (Feërie) binne te gaan, is om alle mag prys te gee van waar jy is en wat jy sien/hoor/voel/ruik/proe.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Feërie na Engels: Faerie

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *