Episode 133: Sterkste Spelers van Feërie: Die Assassyn
Alles omtrent die assassyn, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor die assassyn hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.
Vandag se fee: Die Assassyn
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Daar is verskeie noemenswaardige krygers in volkskunde, sommige kragtiger as ander.
Beawulf, meestertaktikus met ongekende krag, het ‘n woedende monster en sy monstermoeder sonder veel moeite doodgemaak, ‘n paar seeslange doodgemaak terwyl hulle geswem het, en ontslae geraak van ‘n draak wat sy mense terroriseer. Hy was ‘n wyse koning, het vrede gebring en monsters sonder wapens uitgehaal as dit nodig was.
Cú Chulainn se blote teenwoordigheid op die slagveld was genoeg om sy vyande te laat bewe – soveel so dat toe hy tydens die geveg gesterf het, hy homself met sy eie ingewande aan ‘n rots vasgebind het om regop te bly sodat hy lewendig sou lyk. Krag, slinksheid, behendigheid, lojaliteit, strydwoede om die Hulk te ewenaar, ‘n spies wat enigiemand kan doodmaak en ‘n ontsagwekkende swaard – hierdie ou het alles gehad.
Berserkers het Odin aanbid, was weerbarstige krygers wat hulself as lyfwagte aan koninklikes geheg het, wreed in gevegte was, en was ‘n bydraende faktor tot die mite van weerwolwe danksy hul voorliefde daarvoor om wolfpelse in gevegte te dra.
Samoerai, die krygsadel, het as keiserlike wagte begin en het voortgegaan om deel van die regerende klas te wees. Hulle moes die vrede tussen die stamme bewaar en was die enigstes wat die reg gehad het om ‘n katana te dra – alhoewel dit hulle van ander klasse vervreem het. Die samoerai het ‘n ongeskrewe, onuitgesproke kode van eer, dissipline en moraliteit gehad. Hulle kon veg met spiese, pyle en boë, en natuurlik die katana.
Die Assassyne het in die berge van Persië gewoon. Deur skelmpies moord te pleeg op leiers wat hulle as vyande van hul staat beskou het, het hulle vrede in hul streek behou. Hierdie krygers was vaardig in spioenasie, hand-tot-hand-gevegte sowel as sluipmoorde. Hulle voorkeurmetode van doodmaak was deur dolk, nie pyle of gif nie. Die moderne term “sluipmoord” kom van die taktiek wat deur die Assassyne gebruik was.
Baie ander bestaan, maar om oor hulle almal te praat sal langer wees as wat in ‘n neutedop kan pas.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Die Uiterste Kryger – Cian, die Assassyn
Niemand weet waar hy vandaan kom nie. Almal weet dat hy nie uit enige van die Howe gebore is nie. Hy is so kragtig soos die Donker Koning, die Feekoningin en die Koning van die Dooies. Hy loop ongehinderd tussen Ryke. Hy is ‘n kragtige vegter. Hy maak diegene wat die vorste teëstaan, stil. Hy verkies om tyd in die Helder Hof deur te bring. Hy word deur almal gevrees.
Hy leef volgens sy eie erekode: wanneer feë in die moeilikheid is, doen hy wat nodig is om hulle te red. En wanneer Feërie in die moeilikheid is, doen hy wat hy dink reg is om haar veilig te hou.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van assassyn en kryger na Engels: assassin en warrior.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.
No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.