Episode 139: Sterkste Spelers van Feërie: Beskermer van die Sluier
Alles omtrent die beskermer van die sluier, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor die beskermer van die sluier hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.
Vandag se fee: Bewaarder van die Sluier
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Iemand wat in beheer is om die lewendes en die dooies te keer om dieselfde ruimte te beset, om seker te maak dat almal is waar hulle moet wees, en om die wesens te beveel wat siele in lyn hou, is lank reeds die onderwerp van volkskunde.
Die Bewaarder se werk is die moeilikste rondom Samhain wanneer die Sluier tussen wêrelde op sy dunste is. Sommige feestelikhede daardie tyd van die jaar, soos Día de los Muertos, is ontwerp om siele te lok om hul lewende familie te besoek. Ander feestelikhede is egter ontwerp om die siele weg te hou – om in kostuums aan te trek en vreugdevure aan die brand te hou, word geglo om dwalende siele af te skrik.
In sommige kulture is die Anderwêreld wat uit die land van die lewendes met die Sluier gehou word, ook deur honde bewaak – veral Cerberus, die driekoppige hond van Hades.
Daar is ‘n geloof in sommige kringe dat die Sluier ‘n metafoor is vir die grens tussen lewendes en dooies, soveel so dat sommige die Sluier ‘n heining, mis of ‘n poort noem. Dit, saam met antieke oortuigings van waar die Anderwêreld bestaan, verwar mense. Is daar ‘n sluier tussen die Onderwêreld waar daar van jou verwag word om in die aarde af te gaan en waar jy daarop staan? Is daar ‘n sluier om oor te steek as jy weswaarts vaar en die land van die dooies binnegaan?
Ja.
Die Anderwêreld het baie ryke, soos bespreek in ‘n ander episode, en dit is die plig van die Bewaarder van die Sluier tussen wêrelde om die dooies in die Anderwêreld en die lewendes daaruit te hou.
In die Griekse mitologie is Charon die veerbootman wat die dooies oor die rivier Styx neem. Maar hy het ook ‘n paar mense daar teen ‘n vergoeding geneem: Hercules, Odysseus en Theseus om ‘n paar te noem, en hulle het almal lewendig teruggekeer van hul avontuur in die onderwêreld.
Wat beteken dat die Bewaarder van die Sluier haar eie agenda het waaroor mens net kan raai. Die Sluier het egter een werk en dit doen dit goed.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Bewaarder van die Sluier
Meesteres van die Sluier. Die Poortwagter. Die Veerman. Die Beskermer van die Sluier. Sy is bekend onder baie name in baie kulture.
Haar taak is om die Sluier tussen die lewendes en die dooies ongeskonde te hou, ongeag hul spesie.
Sy is nie mal oor nekromante nie omdat hulle altyd aan haar Sluier wegkap, wat dit makliker maak vir diegene wat nie moet deurgaan nie.
Grimms werk vir haar en tree op as haar beskermers en metgeselle.
Alhoewel sy met die dood geaffilieer is, gehoorsaam sy niemand nie en word sy deur niemand regeer nie (hoewel Ankou glo sy werk vir hom).
Haar werk sluit ook in om seker te maak dat mense hul deel van die Verdrag hou deur die rituele van Samhain, Yule en ander feeste waar te neem.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van bewaarder van die sluier na Engels: keeper of the veil
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.
No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.