The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Banshee

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Banshee" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a skull. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 209: Werkers van die Dood: Banshee

Alles omtrent Banshees in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Banshees in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Banshee

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Banshee (feetjie vrou) word in Skotland uitgebeeld as ‘n lelike wyf en in Ierland as ‘n pragtige vrou. Sy verskyn in drie gedaantes: jong vrou, middeljarige moeder, en verrimpelde ou wyf. Die banshee het dikwels brandrooi oë en dra ‘n groen rok en grys mantel – haar hare is óf silwerwit óf rooi. Maar daar word gesê dat ‘n mens haar meer dikwels hoor as wat jy haar sien. Die klank van haar stem verskil van streek tot streek: ‘n melodieuse neurie vir sommige word deur ander as ‘n skreeuende nagwese beskryf. Hierdie spookagtige gille word altyd in die nag gehoor.

Sy is bekend onder baie name, “was vrou” en “huilende vrou” is onder die gunstelinge. Sy huil óf buite die huis van iemand wat binnekort sal sterf óf was die bloed uit die klere van iemand wat binnekort hul einde sal ontmoet. Dit is goed gevestig dat sy ‘n voorloper van die dood is.

Die oorsprong van die banshee is deurdrenk met mites: sy is óf ‘n spook van ‘n Ierse vrou wat op een of ander aaklige manier gesterf het, óf van fee-afkoms (van die Tuatha Dé Dannan en ander konsepte oor feë).

As ‘n spookagtige banshee, dwaal sy byna onsigbaar in die woude en heide rond. Daar word gesê dat elke Ierse familie hul eie banshee het. Sy volg hulle na watter nuwe huis hulle ook al verhuis. As jy ‘n jammerlike kreun in die diep van die nag hoor, pasop: dit kan dalk jou gesin se banshee wees wat jou vooraf waarsku van jou dood of die dood van iemand na aan jou (as jy natuurlik van Ierse afkoms is).

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Banshee

Die Banshee is ‘n huilende skim gewoonlik geklee in groen. Sy kan óf rooi óf blonde hare hê wat om haar dryf. Sy is opvallend pragtig ten spyte van haar onophoudelike gehuil.

Sodra sy weggejaag word (gewoonlik deur ‘n sterker Fee), blaas haar liggaam uit om soos ‘n rookwolk te lyk en haar gesig word werklik afgryslik en vreesaanjaend, steeds omring deur haar rooiblonde hare. Sy verdwyn in ‘n rookwolk.

Die Banshee probeer altyd mense of feë mislei om te dink dat hulle besig is om te sterf. Sy sal huil totdat die persoon wat sy spook, sterf. (Om van haar af weg te hardloop kan gevaarlik wees – kranse, vragmotors, verskeie skerp voorwerpe, ens.)

Alhoewel die Banshee ‘n voorbode van die dood is, veroorsaak sy dit gewoonlik.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts