Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Wimpel-Feetjies #podcast #faeries #folklore

Episode 107: Klein, Alledaagse Feë: Wimpel-Feetjies

Alles omtrent wimpel-feetjies, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor wimpel-feetjies hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Wimpel-Feetjies

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die wimpel-feetjie is ‘n speelse, vriendelike soort feetjie, dra gewoonlik groen, hou van dans, het vlerke en lang bene, en word gesien as aantreklik.

Om “pixie-led” te word beteken om op ‘n dwaalspoor gelei te word deur ‘n dwaallig-agtige truuk van hierdie ondeunde fee.

As jy veilig teen wimpel-feetjies wil bly, dra net jou klere onderstebo.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Wimpel-Feetjies

Gewoonlik die grootte van ‘n mens se duim, hulle kan grootte en voorkoms na goeddunke verander, net soos alle feë. Dit verg egter baie toorkrag.

Hulle is mal oor lintjies. Hul klere word gewoonlik van linte gemaak – in enige kleur. Sommige stamme mag ‘n voorkeur in styl of kleur hê.

Hulle woon altyd in doringbome, insluitend vrugtebome wat dorings het (byvoorbeeld appel- en suurlemoenbome).

Wimpel-feetjies is mal oor sampioene. Hulle sal hulle enige plek plant. Wanneer hulle fuif, sal sampioene in ‘n sirkel groei om die plek van die fuifparty – soms groei hulle oornag groot. Dit is ongelukkig om hierdie sampioene te verwyder of te beskadig: wimpel-feetjies sal onheil in verskeie vorme veroorsaak. In sommige geleenthede sal hulle in sampioene woon: spesiale Feëbome wat toevallig doringbome is, sal bewaak word deur wimpel-feetjies wat in sampioene aan die voet van die boom woon.

Wimpel-feetjies het ook ‘n liefde vir die kweek van tulpe, kannas en ander bolblomme. Hulle sal die groei van hierdie plante aanmoedig waar hulle ook al woon.

Hulle hou daarvan om pret te hê. Hulle is ondeunde wesens wat raaisels geniet. Hulle hou ook daarvan om speletjies te speel. Hulle kan wense toestaan, maar dit veroorsaak gewoonlik die wimpel-feetjies hilariteit en nie die uitkoms wat die wenser wou hê nie. Wimpel-feetjies hou ook daarvan om hare te verstrengel. Wimpel-feetjies benadeel gewoonlik nie ander nie, maar wanneer dit ‘n keuse is tussen hul eie oorlewing en dié van ‘n ander skepsel, sal hulle altyd hulself kies.

Wimpel-feetjies is uitstekend om betowering te skep. As ‘n groep kan hulle illusies skep wat so sterk is dat selfs ander feë nie daardeur kan sien nie. Sommige kan dit selfs as ‘n guns doen …

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van wimpel-feetjies na Engels: pixies.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *