Wimpel-Feetjies in Folklore | The Faeries and Folklore Podcast

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Wimpel-Feetjies" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a mushroom. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 107: Klein, Alledaagse Feë: Wimpel-Feetjies

Alles omtrent wimpel-feetjies, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Wimpel-Feetjies

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die wimpel-feetjie is ‘n speelse, vriendelike soort feetjie, dra gewoonlik groen, hou van dans, het vlerke en lang bene, en word gesien as aantreklik.

Om “pixie-led” te word beteken om op ‘n dwaalspoor gelei te word deur ‘n dwaallig-agtige truuk van hierdie ondeunde fee.

As jy veilig teen wimpel-feetjies wil bly, dra net jou klere onderstebo.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Wimpel-Feetjies

Gewoonlik die grootte van ‘n mens se duim, hulle kan grootte en voorkoms na goeddunke verander, net soos alle feë. Dit verg egter baie toorkrag.

Hulle is mal oor lintjies. Hul klere word gewoonlik van linte gemaak – in enige kleur. Sommige stamme mag ‘n voorkeur in styl of kleur hê.

Hulle woon altyd in doringbome, insluitend vrugtebome wat dorings het (byvoorbeeld appel- en suurlemoenbome).

Wimpel-feetjies is mal oor sampioene. Hulle sal hulle enige plek plant. Wanneer hulle fuif, sal sampioene in ‘n sirkel groei om die plek van die fuifparty – soms groei hulle oornag groot. Dit is ongelukkig om hierdie sampioene te verwyder of te beskadig: wimpel-feetjies sal onheil in verskeie vorme veroorsaak. In sommige geleenthede sal hulle in sampioene woon: spesiale Feëbome wat toevallig doringbome is, sal bewaak word deur wimpel-feetjies wat in sampioene aan die voet van die boom woon.

Wimpel-feetjies het ook ‘n liefde vir die kweek van tulpe, kannas en ander bolblomme. Hulle sal die groei van hierdie plante aanmoedig waar hulle ook al woon.

Hulle hou daarvan om pret te hê. Hulle is ondeunde wesens wat raaisels geniet. Hulle hou ook daarvan om speletjies te speel. Hulle kan wense toestaan, maar dit veroorsaak gewoonlik die wimpel-feetjies hilariteit en nie die uitkoms wat die wenser wou hê nie. Wimpel-feetjies hou ook daarvan om hare te verstrengel. Wimpel-feetjies benadeel gewoonlik nie ander nie, maar wanneer dit ‘n keuse is tussen hul eie oorlewing en dié van ‘n ander skepsel, sal hulle altyd hulself kies.

Wimpel-feetjies is uitstekend om betowering te skep. As ‘n groep kan hulle illusies skep wat so sterk is dat selfs ander feë nie daardeur kan sien nie. Sommige kan dit selfs as ‘n guns doen …

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van wimpel-feetjies na Engels: pixies.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

This image shows a decorative horizontal divider featuring an antiqued gold-toned tree enclosed within a circular frame at its center, flanked by stylized vine and leaf flourishes.

Read the full folklore article:

"A digital illustration of a sleeping forest faerie with gossamer wings, intertwined with moss, vines, and twigs, resting on a log in a misty woodland setting. Below the image, a parchment-colored banner displays the title 'PIXIES' in black text, flanked by circular wax-seal-style logos for 'From the Folklore Archive' and 'Ronel the Mythmaker'."

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.

Listen to this season’s audiobook:

A gothic-style promotional image for "The Faeries & Folklore Audiobook Library." The central composition features a powerful king wearing a crown and holding a scepter, seated upon an ornate throne and flanked by two ethereal fae figures with long, flowing hair and delicate wings. The background showcases a moonlit night, a majestic castle, and flying ravens, all surrounded by intricate gold filigree, glowing stardust, and dark flowers. The text reads: "Season 8: Immortals, the gods, the ancients & the eternal ones of faerie," followed by the author's name, "Ronel Janse van Vuuren," and the credit "Narrated by the author." The overall aesthetic is dark, opulent, and steeped in mythological wonder.

Listen to the full season with no interruptions.

Explore the Audiobook LibraryBrowse the Lore ArchiveDiscover the Faerie Mythos BooksJoin the Mythmaker’s Circle

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

A dark fantasy, gothic-style banner featuring a faerie and branding text on a deep purple background. On the left, a side profile of a young female faerie with pointed ears, long wavy hair, a floral crown, and translucent, vein-textured wings looks down thoughtfully. She stands in a shadowy forest next to a glowing candle lantern resting on stacked vintage books. The right side features a decorative circular emblem with a moth and crescent moon, followed by the text: "RONEL THE MYTHMAKER," "Exploring the folklore behind the magic—and creating new myths along the way," and the website "RONELTHEMYTHMAKER.COM". The entire image is framed by an ornate, vintage border.

Similar Posts