Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Feë Bome en Woude #podcast #faeries #folklore

Episode 117: Die Ryk van die Feë: Feë Bome en Woude

Alles omtrent feë bome en woude, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor feë bome en woude hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.

Vandag se onderwerp: Feëbome en Woude

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Woude kan betower en bekoor as ons nie versigtig is nie. Volkskunde, volksverhale en sprokies het ons sedert die begin van tyd probeer waarsku teen die magie van woude.

En al is ons bang wanneer ons alleen ‘n woud binnegaan, maak dit ‘n sprokie om saam met iemand anders te wees … Ons hoop vir Disney, maar ons sal waarskynlik eerder ‘n Grimm-sprokie kry. *sug*

“Die vrou het die kinders dieper en dieper die woud ingelei na plekke waar hulle nog nooit in hul lewens was nie.” – Hansie en Grietjie, Broers Grimm Volksverhale.

Ons weet almal hoe dit geëindig het.

Maar vreesaanjaende kannibalistiese hekse is nie die enigste dinge wat in die bos gevrees moet word nie. Wesens is volop en selfs die bome kan lewendig wees.

Bome verskyn in elke mitologie in die wêreld. Hulle simboliseer verskillende vlakke van bestaan: hul takke in die geesteryk, hul stamme in die sterflike ryk en hul wortels in die Onderwêreld. Hulle is kragtige simbole van die geheimenisse van die lewe. Die bome wat die meeste met die feë geassosieer word: Appelboom, Essehoutboom, Lysterbessieboom, Eikeboom, Doringboom, Vlierboom en Haselneutboom.

’n Eensame haagdoringboom is die ontmoetingsplek van die feë. Tradisioneel sny niemand dit af nie uit vrees vir vergelding van die feë – paaie is om hierdie rede verskuif.

Verskeie boomnimfe leef in bome en beskerm die woud.

Bome is deur die geskiedenis heen aanbid en gevrees. Sommige versamelings bome is as heilig beskou – veral vir die feë. Mense was versigtig om nie sekere bome om hierdie rede af te kap nie.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Feëbome en Woude

Die Wilde Woud

Die Wilde Woud is gevorm na die Skeur wat Feërie in stukke geskeur het.

Dit is ‘n plek nie in die Sterflike Ryk of Feërie nie, maar tog is dit gevul met magie en wonder. Wilde feë woon daar – hulle het oor tyd verander op maniere wat ander feë nie gedoen het nie.

Dit is die maklikste manier om tussen Ryke te reis – maar dit is uiters gevaarlik. Wilde toorkrag loop deur die Wilde Woud. Maar as jy ‘n bos bome kan kry wat by die Wilde Woud aansluit, kan jy veilig reis na waar jy moet gaan –- veral as dit té gevaarlik is om in die oopte te reis.

Caledoniese Woud

Tuiste van die Draak van die Caledoniese Woud wat boeke opgaar en ‘n raadgewer is vir baie druïde en halflinge wat sy hulp soek –- in ruil vir boeke, natuurlik.

Die woud is oud, gevaarlik en baie lewendig. Dit is meestal gevul met eikebome, berkebome, lysterbessiebome, espebome, sawelbome, ander geharde bome en varings, mosse en huidmosse.

Let wel: gaan net daarheen met ‘n feetjie hond as jou gids.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van wilde woud en Caledoniese Woud na Engels:Wild wood. Caledonian Forest. 

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *