Episode 203: Werkers van die Dood: Walkures
Alles omtrent Walkures in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Walkures in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Oorsprong van die Feë reeks: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/originofthefaeseries/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.
Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.
Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood.
Vandag se fee: Walkures
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Walkures is een van die min groepe vroue uit antieke kunde wat bekend is dat hulle mag oor die sterflike ryk het. In die Oud-Noorse literatuur word melding gemaak van suiwer bonatuurlike walkures en van menslike walkures met bonatuurlike kragte. Hulle word deur Odin geseën om krygers te vind om tydens Ragnarök te dien. Vreeslik soortgelyk aan die Norne, besluit hulle die lot van diegene wat in die geveg val. Hulle naam beteken “kiesers van die gesneuweldes”, wat in antieke tye selfs beteken het dat hulle hul toorkrag gebruik het om te kies wie lewe en wie sterf, en nie bloot te besluit wie na Valhalla toe gaan nie. As vroulike geeste van alle bloedbad, is hulle baie soos die Keltiese Morrígan.
In sommige gevalle het hulle bo-op gevleuelde perde gesit, gewapen met swaarde, beskerm deur wapenrusting en helms – in ander was hulle ware swaanmeisies wat in die vorm van swane aarde toe gekom het. In nog ander het hulle na die aarde neergedaal op die rug van onaardse perde, geklee in maliekolder, helms wat hul gesigte beskerm, spiese gereed en bedek met die vere van swane. Hoe jy ook al daarna kyk, hulle is woeste vroulike krygers wie se rol is om die lot van gevalle krygers te bepaal – ten spyte van die vrees van diegene op die slagveld. Daar word ook gesê dat hulle die gevalle krygers in die banketsaal van Valhalla bedien het.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Walkures
Walkures kies krygers om aan die einde van tyd te veg – wanneer goed en kwaad sal veg totdat net een kant oorleef.
Nuwe Walkures word tydens die geveg gekies op dieselfde manier waarop krygers vir die finale geveg gekies word: sommige sien dit as ‘n seën terwyl ander dit as ‘n vloek beskou. Krygers word behandel asof hulle iets besonders is, Walkures moet werk en diens doen tot die einde van die tyd.
Hulle oefen genadeloos. Hulle is ware krygers wat bedrewe is in alle soorte gevegte.
Daar is verskillende soorte Walkures: diegene wat verkies om in antieke romppantser te veg, diegene wat middeleeuse wapenrusting verkies en ander wat hou van vollyf-leeruitrustings toegerus met bypassende wapenrusting. Almal van hulle het hul sterk- en swakpunte – diegene wat leer verkies, is nie so lus om onderdanig te wees nie en is gewoonlik baie sterker (verstandelik, fisies, emosioneel, magies) as die ander.
Hulle het ‘n bevelvoerder en hulle volg haar bevele tot op die letter – Walkures is nie veronderstel om hul eie opinies te hê nie (dit is hoekom diegene wat leer verkies – en die krag het wat daarmee saamgaan – so skaars is).
Walkures is almal vroue. Hulle was dapper in hul sterflike lewens en is selfs dapperder as onsterflikes. Hulle veg teen die Furieë vir die besit van menslike siele om te veg by die finale geveg (Ragnarok).
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

