Episode 161: Water Feë: Jengu
Alles omtrent jengu in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor jengu in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Jengu
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Jengu, miengu, liengu, maengu – afhangende van die streek, verander die naam en die meervoud. So kom ons bly maar by jengu. Hulle is inheems aan Kameroen, ‘n Sentraal-Afrikaanse land aan die Golf van Guinee. Die jengu is tipies pragtige meerminne met lang hare en gapende glimlagte, wat soos die mense wat op die ower bly pas in etnisiteit en in hul keuse van bykomstighede. Hulle woon in riviere en die see en bring geluk aan hul aanbidders. Onder hulle magte is die taak van tussenganger tussen mense en die geesteswêreld (heel waarskynlik ander feë) en die mag om siektes te genees. Die jengu is gekoppel aan Mami Wata, ‘n belangrike Afrika-watergees.
Daar is selfs ‘n jengu-kultus! Ons sal nie daarop ingaan nie, maar hierdie water feë word beslis deeglik deur sterflinge aanbid.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Jengu
Enkelvoud: Jengu. Meervoud: Miengu.
Water feë wat uiters lojaal is aan Mami Wata.
Hulle het ‘n sterk invloed op Afrika volkskunde en word gewoonlik met Mami Wata geassosieer.
Hulle lyk soos meerminne, met geel en groen hare. Hul vissterte is meestal silwer, wat die kleure weerspieël wat gevind word in die water waarin hulle swem.
Hulle glimlag baie. Hulle het gapings tussen hul voortande. Hulle hou ook daarvan om te giggel.
Meestal praat hulle in hul eie taal wat baie klikgeluide behels, soos die geraas wat deur krapkloue of insekte gemaak word.
Hulle het mag oor water. Hulle kan dit laat beweeg op enige manier wat hulle wil.
Hulle sal hulself verbind met enigiemand wat die Natuur beskerm – en veral diegene wat teen die Obayifo optree.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.