Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Vuil-Vos-Kabouter #podcast #faeries #folklore

Episode 101: Klein, Alledaagse Feë: Vuil-Vos-Kabouter

Alles omtrent vuil-vos-kabouters, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor vuil-vos-kabouters hier.

Kry die transkripsie hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van klein, alledaagse feë.

Vandag se fee: Vuil-Vos-Kabouter

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die vuil-vos-kabouter het sy oorsprong op die Isle of Man en is baie soos die huiskabouter van Skotland en Engeland, net uiters harig. Daar word gesê dat hierdie harige fee gewoonlik kaal rondloop (sy oorvloedige hoeveelhede hare bedek alles) en is behulpsaam vir mense – hy doen graag enige plaastake, hoewel die herstel van visnette onder sy vele vaardighede is. Hy wil net kos hê in ruil vir sy arbeid.

Soos getoon in volksverhale, is die oorsprong van die vuil-vos-kabouter iets hartseers: gewoonlik is hy ‘n ridder van ‘n feëhof, omskep in hierdie walglike wese as straf omdat hy verlief geraak het op ‘n mensemeisie en een te veel feeste van sy soort oorgeslaan om te wees met haar.

Hy is ‘n uitstekende veewagter, klipskuifer, ‘n flinke grassnyer en vele ander dinge. Maar as jy dit waag om vir hom klere aan te bied, sal hy verdwyn en jou los om self jou werk te doen.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Vuil-Vos-Kabouter

Daar is geen vroulike vuil-vos-kabouter nie.

Die vuil-vos-kabouter woon in óf ‘n grot, ‘n kloof in die landskap of ‘n holte waaruit hy ‘n jakkals of haas gesit het.

Hy lyk soos ‘n kort, ou man wat met growwe rooi pels bedek is. Hy is regtig walglik – sy higiëne laat veel te wense oor. Spaar takkies en blare kan altyd op sy persoon gevind word (hoewel dit ‘n goeie ding kan wees terwyl hy tuinmaak?).

Danksy die dik pels wat sy liggaam bedek, is die vuil-vos-kabouter redelik ondeurdringbaar vir uiterste temperature aan weerskante van die spektrum.

Sodra hulle ‘n band met ‘n toorkrag gebruiker (druïde, heks, towernaar, wat ook al), is hulle uiters lojaal.

Dit is onduidelik watter soort toorkuns hulle beoefen.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van vuil-vos-kabouter na Engels: grogoch.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *