Episode 121: Die Ryk van die Feë: Toorkrag en Betowering
Alles omtrent Toorkrag en Betowering, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Toorkrag en Betowering hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.
Vandag se onderwerp: Toorkrag en Betowering
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Toorkrag is so oud soos die wêreld self. Tradisioneel is dit die gebruik van handelinge, rituele, gebare, simbole en taal om bonatuurlike kragte op te roep en te gebruik. Dit is ‘n geloof en praktyk wat reeds sedert die vroegste kulture teenwoordig is en steeds vandag ‘n impak op baie kulture het (soms in geestelike, godsdienstige en selfs medisinale rolle).
Mense het verskillende definisies van toorkrag, wat wissel van ‘n illusie, wensdenkery, bygeloof tot selfhipnose van diegene wat glo dat dit waar is. Mense het ook verskillende definisies van die woord okkult, die meeste daarvan is foutief (konnotasies met boosheid): die werklike definisie kan in ‘n woordeboek gevind word as jy net jou oë oopmaak en kyk.
‘n Langer definisie uit die HAT: okkult b.nw. en bw. Verborge, geheim, bowenatuurlik: Spiritisme behoort tot die okkulte wetenskappe. Ook selfst.: In die okkulte belangstel.
Towerpraktyke is mettertyd om goeie redes geheim gehou. Waar eens towerpraktisyns verwelkom is om hul ambag openlik te beoefen, verander tye en was hulle onderworpe aan marteling, vervolging en onderdrukking. (En nie net in fiksie soos in BBC se Merlin nie.)
Toorkuns gaan in sy kern oor die wetenskap van die aarde se verborge kragte. Maak nie saak na watter “tipe” toorkuns jy kyk nie, dit gaan alles oor die energie wat uit die Aarde en alle lewende dinge uitstraal. Dink aan die vier elemente: Aarde, Vuur, Water, Wind. Nou voeg “Siel” tot die vergelyking om lewende wesens in ag te neem. Daar is die basis vir die energie wat in toorkuns, “magiese krag” of “glans” gebruik word.
Om hierdie krag in te span is baie soos om Feng Shui te gebruik (wat letterlik “wind en water” beteken): om voorwerpe te manipuleer om geluk te skep en rampe uit te skakel, terwyl jy aandag gee aan natuurlike formasies soos valleie en berge om jou eie energie met hulle te harmoniseer vir maksimum voordeel. Byvoorbeeld: rose op hul eie is kragtig genoeg om as ‘n hulpmiddel van verleiding te werk, terwyl ander blomme dalk die teenwoordigheid van laventel benodig (iets wat teoreties ander materiale bemagtig).
Hekse kan grimoires (towerspelboeke) gebruik om hul kragte te verbeter – ons sal in ‘n latere pos na grimoires en hekse kyk. Hekse kan ook met ‘n gedienstige gees bind om sterker te word. Gedienstige geeste is bonatuurlike entiteite wat in die gedaante van ‘n dier verskyn om hekse by te staan in hul beoefening van towerkuns.
Die maan kan ook vir krag ingespan word. Deur maansiklusse te gebruik, word verskillende soorte toorkuns uitgevoer en krag word van die maan getrek om towerspreuke te verbeter. (Ons sal in ‘n ander episode na die maan kyk.)
Hekse en ander kan krag uit die natuur put – of van ander wesens. As hulle nie versigtig is nie, put hulle alle toorkrag uit hulself. Toorkrag word voortdurend in elke individu en al die elemente, plante, ens. hernieu.
En al klink dit dalk belaglik, moderne wetenskap is die nageslag van toorkuns – veral alchemie – en dinge wat op ‘n stadium onmoontlik lyk, word alledaags in die toekoms. Toorkrag kan nie gesien of aangeraak word nie, maar die effekte daarvan kan gevoel word – baie soos radioaktiewe energie. Niemand het Marie Curie geglo terwyl sy moeisaam aan haar eksperimente gewerk het nie, totdat almal die effekte van radioaktiewe energie vir hulself gevoel het. Toorkuns en wetenskap het baie in gemeen. Ja, die wetenskap vereis konsekwente replikasie van resultate en toorkuns verkies unieke en individuele resultate. Maar albei weerlê die konsep van toeval: daar is iets wat iets laat gebeur en waaraan aandag gegee en ontleed moet word.
Wat beteken dat toorkrag nie goed of kwaad is nie – dit berus alles in die hande en bedoelings van die praktisyn. In volkskunde en okkultiese tradisie, kan toorkuns volgens kleur verdeel word: swart toorkuns en wit toorkuns. Dit dien gewoonlik goed om die tweespalt tussen goed en kwaad aan te toon. “Wit toorkuns” is wat ons toorkuns noem wat vir onbaatsugtige doeleindes gebruik word. Beoefenaars van wit toorkuns word gewoonlik wyse manne/vroue, genesers, wit hekse/towenaars genoem. Wit toorkuns word ook dikwels na verwys as “natuurlike toorkuns”. “Swart toorkuns” is die teenoorgestelde van wit toorkuns aangesien dit gebruik word vir selfsugtige bevordering van ‘n individu. Swart toorkuns word gewoonlik op wraaksugtige en vernietigende maniere gebruik.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Toorkrag en Betowering
Die Mis is wat ons die allesbeheersende, almagtige toorkrag noem wat rou deur Druïde en feetjie honde loop. Ander mense met towerkuns het talismane nodig om die Mis te ontgin. Normale feë kan betowering – swakker toorkrag as dié van die feetjie honde – vorm uit hul verbintenis met die Mis. All feë kan betowering in plante, kristalle en windbolle/ligbolle stoor vir latere gebruik.
Mense kan toorkuns in verskeie vorme gebruik: benut dit uit die Natuur; berg dit in amulette, kristalle en talismane vir latere gebruik; om dit uit ander wesens uit te trek (gewoonlik ander hekse en towenaars); of die gebruik van beswerings saam met talismane om die Mis in sy rouste vorm te gebruik.
Toorkrag moet verdien of geërf word vir mense om dit te gebruik. Sommige gaan op soeke om die reg te verdien om toorkrag te gebruik terwyl ander met dit in hul bloed gebore word.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Toorkrag en betowering na Engels: Magic and Glamour.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Google Podcasts | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.
No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.